Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Malaika Guest Farm

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitspanweg, Lephalale, 0555, Limpopo
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Malaika Guest Farm is 'n pragtige wildsplaas wat sowat 40 km vanaf Lephalale teen die Limpoporivier geleë is. Die plaas is perfek vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die hoofhuis het slaapplek vir 8 gaste en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer op die boonste verdieping en 2 slaapkamers en 1 badkamer op die grondvloer. Die slaapkamers op die grondvloer is elk ingerig met 2 driekwartbeddens en 'n badkamer met 'n stort, 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak. Op die boonste verdieping is 'n slaapkamer wat gemeubileer is met 'n dubbelbed en 'n enkelbed wat geskik is vir 'n kind. Die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het slegs 'n stort.

Die Stoortjie beskik oor 2 en suite-slaapkamers wat elk met 'n dubbelbed ingerig is. Die en suite-badkamers het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die plaas beskik ook oor 'n pragtige oewer by die Limpoporivier wat ideaal is vir 'n braai of 'n skemerkelkie.

As gaste gelukkig is, sal hulle sien hoe Karel die Rooihartbees en sy vriende, 'n trop Blesbokke, vir die aand in die vlakte voor die huis gaan sit.

Hierdie streek is 'n betowerende landskap van pragtige rivieroewers en golwende savanne, almal ryk aan inheemse plantlewe, voëllewe en wild, insluitend die Groot 5.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Uitspanweg, Lephalale, 0555, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitspanweg, Lephalale, 0555, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd7566f725e69f3c57e33f67ebe50968caca2dd136578b75764e5886b887b8bb1a9a5f8754190b565f4c50b5f671c1a3a3dc9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense Uitspan Road Lephalale 0555 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.341358243963 27.572500545187

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang