Malaika Guest Farm
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitspanweg, Lephalale, 0555, Limpopo
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Malaika Guest Farm is 'n mooi plaas wat sowat 40 km buite Lephalale teen die Limpopo-rivier geleë is. Die plaas is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n wegbreek saam met vriende en familie.
Die Hoofhuis is geskik vir 8 gaste en 1 kind en het 2 slaapkamers en 1 badkamer op die boonste verdieping en 2 slaapkamers en 1 badkamer op die grondverdieping. Die slaapkamers op die grondverdieping het elk 2 driekwartbeddens en die badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Een van die slaapkamers op die boonste verdieping het 'n dubbelbed en 'n enkelbed vir 'n kind en die tweede slaapkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens. Die badkamer op dié verdieping het 'n stort.
Die Stoortjie het 2 en suite-slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het. Die en suite-badkamers het elk 'n stort, toilet en wasbak.
Die plaas spog met 'n lekker braaiplek langs die rivier.
Indien gaste gelukkig is kan hulle vir Karel, die rooihartebees en sy vriende, blesbokke, op die plein voor die huis sien wei.
Die streek het 'n betowerende landskap gekenmerk deur pragtige rivieroewers en grasvlaktes wat als ryk is aan inheemse plantelewe, voëllewe en wild, insluitend die Groot 5.
Ligging
- Uitspanweg, Lephalale, 0555, Limpopo
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitspanweg, Lephalale, 0555, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang