Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Maleanrich

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Malgas-singel 40, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 180 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Maleanrich is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die gewilde vissersdorpie Lampiesbaai in St Helenabaai aan die Weskus en is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na gerieflike verblyf aangesien dit stapafstand vanaf Golden Mile-strand is.

Dié eiendom kan tot 6 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring. Daar is ook 'n buitestort met warm water.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n sitkamer met gemaklike sitplek, 'n slim-TV en klankstelsel. Gaste moet hul eie internet en aanmeldbesonderhede saambring vir vermaaklikheidsopsies.

Boonop is daar 'n binnebraai-area langs die etenstafel wat ook gemaklike sitplek het. Dié braai-area het groot skuifdeure wat na die buitestoep en tuin oopmaak. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n dubbeltoesluitmotorhuis sowel as in die oprit. Daar is ook 'n sandput vir kinders om te geniet.

'n Kort entjie se ry weg het gaste die opsie om 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge te verken, soos 'n 4,5 km lange strand, perdry, gholfspeel, seisoenale walvis- en dolfynkyk, asook winkels, restaurante en 'n spa.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Omar Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Malgas-singel 40, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Maleanrich het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 180
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 180
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Malgas-singel 40, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7dae0307fa07aca0c0d8fbbc061b8ebf91980a28cffa2e6249443429f4673c055a414a8e37ccd62ed486fc02c3e3fbb40e50?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 180 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 40 Malgas Crescent Lampiesbaai 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -32.718114814691 17.960618410471

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang