Malmane Eye Private Nature Retreat
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Feb 2025 tot 17 Feb 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaalplaats Plaas, Langs die R505, Ottoshoop, 2740, Noordwes
-
Vanaf
R7 500R5 625 per nag, vir 14 mense
Beskrywing
Malmane Eye Private Nature Retreat is op 'n plaas tussen Lichtenburg en Ottoshoop geleë en bied slaapplek aan 12 tot 14 gaste. Dis die perfekte plek om in die rustige natuur te ontspan.
Die chalet, Moonstone, is ideaal vir 2 volwassenes en het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n losstaande bad met 'n uitsig oor die wilgerbome en water. Daar is 'n waaier, verwarmer, elektriese kombers, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met 'n hardeskyf vol flieks en reekse.
Diamond Luxury Lodge Tent het 'n koningingrootte-bed met 'n pragtige uitsig oor die water. Toegang tot die tent is deur 'n glas skuifdeur. Die tent kan ook 2 kinders op 2 enkelbeddens akkommodeer. Daar is 'n waaier, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n elektriese kombers en 'n verwarmer. Die tent beskik oor 'n wasbak en porta-poti toilet.
Sapphire Luxury Lodge Tent het 'n koningingrootte-bed met 'n pragtige uitsig oor die bome. Toegang tot die tent is deur 'n glas skuifdeur. Die tent kan ook 2 kinders op die bank en matras akkommodeer. Daar is 'n waaier, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n elektriese kombers en 'n verwarmer. Toegang tot buite badkamer binne 10 tree.
Die kuierlapa langsaan beskik oor 'n semi-privaat solder, Garnet, wat 'n dubbelbed en 'n uitvoubank in die gemeenskaplike area het, wat kinders kan akkommodeer. Die lapa het ook 2 badkamers, waarvan een 'n stort en 'n toilet het, en die ander een 'n gastetoilet is. Daar is ook 'n waaier, verwarmer en elektriese komberse.
Daar is ook nog 2 seiltente agter die lapa. Emerald- en Amethyst-tent het elk 2 enkelbeddens. Dié tent bied saam slaapplek aan nog 4 gaste. Gase het toegang tot hulle eie badkamer en elke tent het elektriese komberse, waaiers en 'n uitsig oor die lowerryke bome en water.
Die lapa spog met 'n uitsig oor die water en beskik oor 'n kroeg met sitplek vir 10 en 'n kombuis met 'n yskas, vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier,ysmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n leefarea met 'n platskerm-TV met 'n Android TV-stokkie wat gebruik kan word om films of reekse te stroom. MyFamilyCinema, Plex Netflix en YouTube is gratis beskikbaar indien gaste met hulle eie besonderhede by DStv Now en Showmax kan inteken. Daar is ook binne- en buitebraaigeriewe, 3-beenswartpotte en braairoosters. Die lapa lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die bome, borrelbad en water. Gratis WiFi word voorsien.
Aktiwiteite sluit in swem, roei, 'n trampolien, tafeltennis, hangmatte, 'n veerpyltjiebord en bordspeletjies. Gaste kan ook visvang, met hul eie toerusting.
Die Jacuzzi het sitplek vir 6 en met 'n skemerkelkie in die hand is dit wonderlik ná 'n swem in die rivier. Die plaas bied fietsry, staproetes, visvang, kanovaar en sterrekyk. Daar is ook 'n klomp bome, pragtige groen gras en meer as 75 voëlspesies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lemar Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kaalplaats Plaas, Langs die R505, Ottoshoop, 2740, Noordwes
- Gaste dink Malmane Eye Private Nature Retreat het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaalplaats Plaas, Langs die R505, Ottoshoop, 2740, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang