Mamagalie Lodge
Kry 25% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffelshoek 98A, Mooinooi, 0325, Noordwes
-
Vanaf
R900R675 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mamagalie Lodge is op 'n 400 hektaar-privaatplaas in die bergagtige Magaliesburg geleë. Dié lodge bied 'n uitsig oor die Buffelspoortdam en is minder as 100 km vanaf Johannesburg en Pretoria. Die verblyf is ideaal vir 'n naweekwegbreek of 'n ruskansie in die middel van die week.
Daar is 6 selfsorg-eenhede wat verskillende tipes verblyf bied. Die eenhede is van mekaar afgesonder om privaatheid te verseker. Elke eenheid het 'n braai-area, buitestort en goeie sekuriteit.
Die Mountain Lodge is 'n dubbelverdieping-eenheid met 'n grasdak en het 3 aparte slaapkamers en 'n groot oopplan-vertrek. Die ruim sitkamer het 'n Jetmaster-kaggel. Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus. Die huis spog ook met 'n groot kuierdek, 'n swembad en 'n braai-boma. Dié lodge is dus ideaal vir groter groepe of gesinne.
Die Bush Lodge is 'n semi-tenteenheid wat hoog in 'n kloof lê en 'n uitsig oor die vallei en dam bied. Die slaapkamer en leefarea bestaan uit 'n tent met 'n houtpaneel-binneruim en het skuifdeure sodat gaste die uitsigte kan geniet. Daar is 'n kaggel in die leefarea. Dié areas is bedek met 'n reuse-staaldak wat dit koel hou in die somer. Die kombuis en badkamers word deur 'n houtdek verbind. Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus. Die badkamer het 'n Victoriaanse bad en 'n groot stort met 'n aparte toilet. Die braai-area en plonspoel rond die buite-area perfek af.
Die Forest Lodge is 'n eenslaapkamer-kothuis wat tussen inheemse olienhoutbome gebou is. Dié eenheid is besonder afgesonder en romanties. Die kamers het dakvensters wat 'n uitsig op die blaredak bied. Die slaapkamer het 'n privaat dek met 'n buite-stort. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en die oopplan-leefarea het 'n Jetmaster-kaggel. Die leefarea bied toegang tot die dek met braaigeriewe.
Die River Lodge is 'n uiters privaat eenheid met 2 slaapkamers. Dit het 'n volledig toegeruste kombuis, privaat braai en plonspoel. Die badkamer het 'n spabad met glaskante en daar is 'n buitestort op die slaapkamer se dek.
Die Tranquility Lodge is 'n moderne eenheid met 1 slaapkamer wat ontwerp is om met die oeroue bome saam te smelt. Die platform waarop dit gebou is, is bokant 'n rivierbedding en hoog tussen die vye- en esdoringbome se takke.
Die Serenity Lodge Privaat is 'n selfsorg-eenheid met 1 slaapkamer en het 'n dubbel-spabad langs glaspanele met 'n pragtige uitsig oor die weivelde en berge. Dit is ten volle toegerus vir selfsorg.
Die lodges word elkeen op versoek skoongemaak en gewoonlik hoef gaste slegs hul eie eet- en drinkgoed saam te bring. Hout kan op die perseel gekoop word. Daar is verskeie wandelpaaie op die plaas. Die gewildste wandelpad lei na die bergstroom se rotspoele.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Giles Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 256
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Buffelshoek 98A, Mooinooi, 0325, Noordwes
- Gaste dink Mamagalie Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mooinooi Rustenburg Noordwes
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffelshoek 98A, Mooinooi, 0325, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang