Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mammamia

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Eekhoringstraat 30, Outeniekwa-strand, Glentana, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Mammamia bied selfsorgverblyf naby Glentana-strand in Groot Brakrivier. Die see-dorpie is bekend vir sy matige klimaat dwarsdeur die jaar, goue strande en verskeie natuurlike, kulturele en geskiedkundige besienswaardighede.

Daar is slaapplek vir 4 gaste en verblyf is beskikbaar in 'n kompakte woonstel wat beskik oor 'n oopplan-leefarea, -kombuisie en 'n -slaaparea. Daar is 'n aparte en suite-badkamer met 'n privaat ingang langs die woonstel.

Dié woonstel het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, ketel en kookgerei. Daar is ook 'n toonbank met sitplek.

Die slaapkamer langsaan het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Ander geriewe sluit 'n TV met Netflix, DStv EasyView, Wi-Fi, braai-area en veilige parkeerplek in. Die woonstel is omhein en is troeteldiervriendelik.

Doendinge in die area sluit visvang, voëlkyk, bootvaart, duik, snorkel, swem, voetslaan, gholf en valskermsweef in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Frans D
5.0
Gerieflik, skoon en netjies. Ons het Mammamia baie geniet met die pragtige see uitsig en stap op die strand!
Jan 2025
Corne S
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasmagories. Awesome plekkie. Baie skoon. Vriendelik. Ruim. Pragtige uitsig.
Jan 2025
Willie G
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Wonderlike plek om weer die batterye te herlaai. Ons het 'n fantastiese, rustige tyd by Mammamia deurgebring. Die uitsig oor die see was lafenis vi...
Sien meer
Des 2024
Johané J
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste uitsig. Rustig, stil, vreedsaam. Wonderlike verblyf. Mooiste uitsig. Alles wat mens nodig het om bietjie die see te geniet.
Jun 2024
Hendrik G
Saam met vriende
4.6
Heerlik gekuier! Dankie vir heerlike verblyf en gasvryheid!
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Eekhoringstraat 30, Outeniekwa-strand, Glentana, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mammamia het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Eekhoringstraat 30, Outeniekwa-strand, Glentana, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjfBbCYuUercvobgg4wvFZUcpk9KukFh13RjreCPKWnwiP28lWE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense 21 5 1 5 30 Eekhoring Street Outeniqua Strand, Glentana 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 11:00 -34.048793189496 22.282027146974

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang