Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Manaba Breeze 4

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Queenstraat 61, Manaba Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R880 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Manaba Breeze 4 is 'n selfsorgwoonstel met lieflike see-uitsigte in 'n veilige kompleks in Margate. Die kompleks is lekker naby die strand en ander besienswaardighede.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n handstort-oor-bad.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en 'n wasmasjien. Die leefarea langsaan het 'n TV en lei na 'n groot balkon met 'n Weber-braai, buite-etenstafel met sitplek en 'n pragtige uitsig oor die see. Volledige DStv en gratis WiFi is beskikbaar.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en daar is parkeerplek onder die gebou en daar is parkeerplek vir 'n waentjie. Manaba Breeze 4 is sowat 600 m van die strand af en net 'n entjie se ry van verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede in die area af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ronet D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was rustig en 'n heerlike verblyf. Dit was 'n heerlike ondervinding om hier te bly. Skoon, netjies en veilig.
Aug 2024
Elaine B
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik en tuis. Dit was ongelooflik lekker by Manaba Breeze 4. Die mense is baie vriendelik, die verblyf is pragtig en die uitsig oor die see is iets...
Sien meer
Aug 2024
Chantel N
Gesin met klein kinders
5.0
Beste plekkie ooit, sal beslis weer gaan, die stoep met see uitsig was 100%. Wat 'n wonderlike plek, netjies en skoon met alles wat jy nodig het.
Apr 2024
Elize V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly, sal weer terug gaan. Pragtige ws, alles wat jy nodig het is daarin. Bonus was WiFi en aircon vir die hitte.
Feb 2024
Rulien K
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het dit vreeslik geniet, die plek is uit die boonste rakke. Ons het heerlik gebly.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Letitia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Queenstraat 61, Manaba Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Manaba Breeze 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 880
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 880
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Queenstraat 61, Manaba Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8198c0e153e689014fc39083eaac2e686334ba7ce2ffacc71cc97afc2456ae164789db9af000e6c94dbe2140ff6af1793613?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag (plek vir 6) 20 5 1 5 61 Queen Street Manaba Beach 4265 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.85270832859 30.381237262635

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang