Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mandoryn Nege

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Owen-rylaan 34B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 950 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Mandoryn Nege is 'n volledig toegeruste selfsorgvakansiehuis teen die kanaal in Marina, Port Owen. Hierdie luukse eiendom is aan die rustige, pragtige Weskus geleë waar jy kan ontspan en die son dophou soos hy wegsink agter die marina. Van hier af kan jy ook asemrowende sonsopkomste sien wat die begin van nog 'n prettige dag merk.

Die eenheid het asemrowende waterfront-uitsigte vanuit 3 van die 4 slaapkamers wat op die eerste verdieping geleë is. Daar is 'n vermaak-area met 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea asook 'n binnebraai. Vir diegene wat buite wil braai, is daar 'n braai op die stoep. Die opvoudeure wat na die kanaal front, kan heeltemal oopgemaak word en dit skep die illusie van in die buitelug kuier terwyl jy in der waarheid in die vermaak-area sit. Daar is ook 'n waskamer met 'n gasstoof, skottelgoedwasser, tuimeldroër, strykgeriewe en 'n wasgoedlyn buite. Die huis met sonkrag toegerus en gaste sal dus nie deur beurtkrag beïnvloed word nie.

Die Weskus is bekend vir sy uitstekende bootvaart-, ski-, kano- en "paddling"-geleenthede. Port Owen is een van die mees besoekte voëlkykplekke in die wêreld. Die dorpie het 'n paar goeie restaurante en ander klein dorpies in die omgewing sluit in: Paternoster, St Helenabaai en Tietiesbaai.

Die Weskus is ook bekend vir sy verskeidenheid watersportsoorte, soos snorkel, duik, bootvaarte, ski, kano, kajak, seil, seilplankry, vlieërbranderry en diepseevisvang. Port Owen en Admiral Eiland is beroemd onder seiljag-entoesiaste die wêreld oor. Daar is 'n paar plekke waar jy jou voet oor die drumpel steek en op 'n seiljag trap. Binne etlike minute kan jy dan seil op die kristalhelder Atlantiese Oseaan of selfs binneland toe. Die baai, waarin die Bergrivier vloei, is bekend as een van die rustigste en veiligste plekke aan die stormagtige Atlantiese kus hier aan die suidelike deel van Afrika. Die rivier gee toegang tot die kanaal met die huis wat reg aan die oewer pronk. Daar is 'n kaai wat die huis direkte toegang tot die water gee, waar jy 'n boot veilig kan vasmeer. Dit maak die plekkie aanloklik vir boot-entoesiaste.

Die laer area van die Bergrivier het bekend geword as die "hotspot" vir skaars watertrappers. Daar is min ander areas in die land waar soveel skaars watervoëlsoorte gesien kan word. Onlangse skaars spesies sluit in: kleinbloureier, hudsonbaaigriet, witkruisvleivalk en kleingeelpootruiter.

Hierdie huis maak van sonpanele gebruik sodat gaste se verblyf nie deur kragonderbrekings geaffekteer word nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

8

4 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Dubbelbed

Badkamer

Spa-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Kaggel
Braai

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Baie goed

Netheid
3.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.9
Diens
3.9
Veiligheid
4.2
Gaste se hoogtepunte
Nicolle M
Saam met lewensmaat
5.0
Neat, tidy and beautiful. We really enjoyed our stay at Mandoryn. It is a spacious, beautiful home; we felt invited in and comfortable ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Pieter M
Gesin met tieners
5.0
Wel, ek het gekyk na vorige terugvoerings ens. Maar ons het dit werklik verskriklik geniet en was alles in plek en op standaard gewees. Volgende ke...
Sien meer
Feb 2023
Lm K
Saam met vriende
4.8
Puik. Verblyf was uitstekend. Area baie rustig en beskik oor alles wat nodig is vir 'n lekker wegbreekvakansie. Baie dankie aan Estelle. Sy is dierbaa...
Sien meer
Jan 2023
Annel Z
Gesin met tieners
4.6
Lekker rustige wegbreek. Mandoryn Nege is 'n ruim huis met 'n oopplan leef- en kombuisarea op die onderste vloer. Die aparte opwaskamer het 'n skottel...
Sien meer
Feb 2024
Heinrich L
Saam met lewensmaat
4.2
Baie lekker gebly. Baie goeie ligging. Alles is daar wat nodig is. Huis en vloere was baie skoon met aankoms. (Nie altyd die geval met ander huise nie...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Annamien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Port Owen-rylaan 34B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mandoryn Nege het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 950
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 2 950
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Owen-rylaan 34B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhhZWI3NzY3LTk3NmItNDE1Ny05Njc0LTY2YTc3OGZjNTFkYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 950 per nag, vir 8 mense 48 5 1 5 34B Port Owen Drive Port Owen 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.785701950989 18.153752801703

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang