Manzini 38 - Go & Sea
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenzie-straat 100, Manzini Chalets 38, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Manzini 38 - Go & Sea is 'n gerieflike selfsorgwoonstel wat slaapplek aan 4 volwassenes in St. Lucia bied.
Die eenheid is in 'n kompleks met 'n lieflike tuin en daar is verskeie staproetes wat na die oewer van die riviermonding lei. Die chalet beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer wat 'n hoekbad, stort en toilet het. Linne, komberse, bad- en swemhanddoeke word voorsien. Daar is ook noodligte in elke vetrek, wat tydens beurtkrag gebruik kan word.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gas stoof en oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en gaste kan maaltye by die toonbank geniet.
Die leefarea het 'n slim-TV met WiFi vir Showmax, DStv en Netflix waarvoor gaste hul eie intekenbesonderhede moet gebruik. Die area lei na 'n privaat stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die stoep se tuin. Die stoep is omhein met hoë mure, wat privaatheid beskik.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe sowel as veilige onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.
Manzini 38 - Go & Sea is net 750 m van verskeie winkels en restaurante af en daar is baie aktiwiteite en besienswaardighede in St. Lucia insluitend seekoei- of krokodiltoere, perdry, staproetes, voëlkyk en visvang. Gaste kan ook kyk hoe die vrylopende seekoeie wei of die St. Lucia Wildreservaat besoek wat 'n UNESCO-Wêrelderfenisgebied is. Verder is daar baie strande naby om van te kies om die dag te geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Angelique Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Mckenzie-straat 100, Manzini Chalets 38, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Manzini 38 - Go & Sea het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenzie-straat 100, Manzini Chalets 38, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal