Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Maphupho Yemali

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Korhaanstraat 2929, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Maphupho Yemali is in Marlothpark en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende vir 'n naweek- of vakansie-wegbreek.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste of 4 volwassenes en 2 kinders op 'n slaapbank. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Elke badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitarea het gemaklike sitplek en lei na die patio met stoepmeubels, 'n plonspoel, braaigeriewe en 'n boma. Die eenheid het ’n TV en ’n skottel, maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder saambring.

Die huis is 600 m vanaf die Krugerwildtuin en die Krokodolrivier-heining en is naby die wildtuin se naaste ingangshek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbank vir 2
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Theuns K
Gesin met tieners
5.0
Lekker gekuier. Maphupho Yemali het alles wat ons nodig gehad het vir die paar dae wat ons in Marlothpark gekuier het. Daar het baie diere gereeld kom...
Sien meer
Apr 2024
Leonie E
Gesin met tieners
5.0
Pragtige bos huisie! Maphupho Yemali was sowaar 'n lekker klein huisie. Daar was sowaar baie diere wat kom groet het op die stoep, netjies en skoon me...
Sien meer
Des 2023
Dawid J
Gesin met klein kinders
5.0
Een van die lekkerste plekke waar ons nog gebly het. Het ons tydjie daar vreeslik geniet. Kan nie wag om terug te kom nie.
Sep 2023
Hannalie K
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n ongelooflike ervaring. Sal die pragtige juweel in die hartjie van die bosveld vir enige persoon ten sterkste aanbeveel. Van die intrapslag tot ...
Sien meer
Jul 2023
Tirene S
Gesin met tieners
5.0
Het dit baie geniet. Alles is daar wat nodig was. Was ook genoeg stoele buite. Sal net volgende keer eie kampstoele vat vir 'n lekker chill om die vuu...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Melissa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Korhaanstraat 2929, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Maphupho Yemali het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Korhaanstraat 2929, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHkA020D7b2gJdKZLIBK9y2FTesleMenz0BNVO5mEGDHNMhvgs0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 34 5 1 5 2929 Korhaan Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 08:00 -25.338745744593 31.798000435104

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang