Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mar - Zel Gastehuis

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Marlene M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Baie vriendelike diens. Ons het baie welkom gevoel. Kamers is netjies en skoon. Lekker oornag slaapplek. Ons was baie vriendelik ontvang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yolandi F
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Vriendelik, gasvry. Kos in die restaurant was tops. Wonderlike gastehuis. Fantastiese plek, fantastiese mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jorina D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Gerieflik en netjies. Skoon en netjies. Met restaurant op perseel is dit baie gerieflik. Lekker kos en goeie mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Daleen F
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Jan 2025

Egte Karoo gasvryheid. Sakkie en Mariette is baie gasvrye mense en het sommer dadelik tuisgevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
3.8
Jan 2025

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Marieta
Mar - Zel Gastehuis
Beste Dries, baie dankie vir jou terug voer. Dit is een groot probleem en ons is tans besig om planne te maak rondom hierdie onaangename situasie. Baie dankie vir julle kuier.

Pieter G
1 nag Gesin met tieners
1.4
Jan 2025

Skokkend, teleurstellend en het my woedend gehad. Die plek is in 'n besige vulstasie se agterplaas en die ingang na ontvangs by die vulstasie se besige ryvlak en lyk eerder na 'n Backyard-werkswinkel se ingang. Die kamers was skoon en netjies, maar beddens se matrasse was al deurgeslaap en die stortdeur het uitgeval. Die restaurant is in 'n afgeleefde kroeg vol rokers. Ons verblyf hier na 'n lang, warm dag op pad terug huis toe vanaf die Weskus was uiters teleurstellend. Ek kan nie glo hierdie plek word bemark nie.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Marieta
Mar - Zel Gastehuis
Beste Pieter, ons is baie jammer om te hoor oor jul slegte ervaring by Mar - Zel Gastehuis. Ons gastehuis het 5 maande terug oopgemaak, alle beddens is nuut aangekoop en Restonic gee 'n baie goeie waarborg waar niemand oor voorheen gekla het nie. Die voorkant van die gastehuis (Backyard -werkswinkel) se bou planne is goedgekeur om dit te kan verander. Die rokers in die restaurant was dadelik aangespreek en het die perseel verlaat. Ons het u geen deposito gevra nie en u het na ete die rekening betaal, tog het u die keuse gehad om die perseel te verlaat met aankoms. Dit is vir ons jammer dat u ons gastehuis sien as (Hoekom sal so 'n plek bemark word?) Ons is vanaf ons oopgemaak oop en eerlik met ons gaste en ons verwelkom kritiek om die plek waarop ons trots is te verbeter soos ons kan, nadat ons in 5 maande al baie vermag het. Ons is uiters teleurgesteld in die feit dat u ons nie op die perseel gekonfronteer het nie en sal graag u geld so gou as moontlik wil terugbetaal. Kontak my gerus: Sakkie von Molendorff

Philip G
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2024

Nice restaurant. Very friendly host, great breakfast!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marieta
Mar - Zel Gastehuis
Baie dankie, mag ons julle gou weer verwelkom.

Christiaan K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Mar-Zel Gastehuis is tops. Lekkeslaap kan trots wees om die plekkie te lys. Silwerskoon en so keurig gemeubileer. Kamers, kuierplek en restaurant was 'n plesier om te gebruik. Verblyf was baie aangenaam en ons het die eienaars se gasvryheid so geniet en waardeer. Aandete was heerlik en ons het heerlik gekuier met almal.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marieta
Mar - Zel Gastehuis
Baie dankie, Christiaan. Was baie lekker om jou hier te hê.

Robert R
1 nag Saam met vriende
4.6
Des 2024

Skoon, netjies, vriendelike atmosfeer, veilig, toesluit parkeering, aircon, WiFi. Mar-Zel gastehuis is geleë in 'n klein dorpie ver van die groot stad. Van buite af lyk dit nie na veel nie, maar binne is dit baie skoon, netjies, veilig, vriendelik en koel. Daar is 'n kroeg en restaurant met lekker kos. Ons sal Mar-Zel gastehuis hoog aanbeveel as jy by Britstown oorslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Rentia L
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Des 2024

Veilig en netjiese oorslapplek. Baie lekker gebly. Dit lyk sommer gaar van buite af en ligging direk by motorhawe - maar dis pragtig veilig en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Marieta Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 7 maande

Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Markstraat 6, Britstown, Noord-Kaap, 8782, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAec2d375be376ee28aebe6955aacf516f0e58bb1cfec8a6985a67f668ad0dade62cf48b09b3cbc45e2afb327d41081ebb808b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 6 Mark Street Britstown 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.587289235229 23.506455801057

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang