Beste Pieter, ons is baie jammer om te hoor oor jul slegte ervaring by Mar - Zel Gastehuis.
Ons gastehuis het 5 maande terug oopgemaak, alle beddens is nuut aangekoop en Restonic gee 'n baie goeie waarborg waar niemand oor voorheen gekla het nie. Die voorkant van die gastehuis (Backyard -werkswinkel) se bou planne is goedgekeur om dit te kan verander.
Die rokers in die restaurant was dadelik aangespreek en het die perseel verlaat. Ons het u geen deposito gevra nie en u het na ete die rekening betaal, tog het u die keuse gehad om die perseel te verlaat met aankoms. Dit is vir ons jammer dat u ons gastehuis sien as (Hoekom sal so 'n plek bemark word?)
Ons is vanaf ons oopgemaak oop en eerlik met ons gaste en ons verwelkom kritiek om die plek waarop ons trots is te verbeter soos ons kan, nadat ons in 5 maande al baie vermag het.
Ons is uiters teleurgesteld in die feit dat u ons nie op die perseel gekonfronteer het nie en sal graag u geld so gou as moontlik wil terugbetaal.
Kontak my gerus:
Sakkie von Molendorff