Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marculem Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaawdrift-weg, Virginia, 9430, Vrystaat
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Marculem Guest Farm is op 'n werkende plaas naby die dorpie Virginia geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende.

Die verblyf beskik oor 4 B&B-kamers, elk met sonkrag. Christie's is 'n ruim kamer met 'n koninggrootte-bed en 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, toilet en wasbak. Die kamer beskik ook oor koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en lugversorging, 'n TV en onbeperkte WiFi. Die kamer is gewild om as 'n bruidskamer bespreek te word.

Curine het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dit beskik ook oor koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, 'n TV en onbeperkte WiFi.

Lemcke het 'n koningingrootte-bed en deel 'n badkamer met Marga, wat toegerus is met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer beskik ook oor koffie- en teemaakgeriewe, lugversorging en onbeperkte WiFi.

Marga het 'n dubbelbed en deel 'n badkamer met Lemcke, wat toegerus is met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer beskik ook oor koffie- en teemaakgeriewe, 'n waaier en onbeperkte WiFi.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV met DStv, en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Daar is lieflike braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.

Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Juanita S
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en gesellig. My dogter wil net terug. Die vyf dae wat ons daar gebly het was net te kort om die rustigheid ten volle te waardeer.
Jun 2024
Marei S
Gesin met tieners
5.0
Sal weer daar bespreek. Pragtige, skoon kamers en huis. Gemaklike, ontspanne atmosfeer en heerlike ontbyt.
Jun 2024
Roelien N
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Lekker atmosfeer. Ontbyt heerlik. Vriendelike mense! Sal weer gaan.
Okt 2023
Linda H
4.8
Excellent experience. The people were friendly, helpful and accommodating to our late arrival and early departure.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Mamello M
Saam met lewensmaat
4.2
Warm stay and refreshing. It was nice stay indeed but the blankets that were in the closet were dirty ,it happened that when other coup...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Christie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Blaawdrift-weg, Virginia, 9430, Vrystaat
  • Gaste dink Marculem Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaawdrift-weg, Virginia, 9430, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA993a3efff40381901de302b88466af04772e1a84dfb0d3022659a47cc45aea84a0f6e84f8768acd365eb3b4bf9764e411333?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 3) 5 5 1 5 Blaawdrift Road Virginia 9430 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.0972162 26.8174595

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang