Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marie Burger

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Indraf-straat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Marie Burger is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis wat in die skilderagtige dorpie Stillbaai geleë is en 'n gerieflike toevlugsoord aan gesinne en vriende bied en is boonop rolstoel vriendelik.

Dié huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed met ekstra lengte matras en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Privaat vierde slaapkamer is in die motorhuis-area, en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die leefarea het 'n bed vir tot 2 kinders. Gaste deel 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. "Uncapped WiFi" is beskikbaar. Die een televisie is in die hoofslaapkamer en die tweede televisie in die leefarea. Albei het 'n DStv-kanale

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, , binnebraai en 'n etenstafel. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die waskamer het 'n skottelgoedwasser, outomatiese wasmasjien en ook tuimeldroer. Gaste kan ook op die stoep ontspan. Veilige parkeerplek is in die motorhuis en bykomende onderdakparkeerplek op die perseel beskikbaar.

Marie Burger is naby winkels en restaurante geleë en in dieselfde straat as die OK winkel. Dis slegs 1,8 km vanaf die huis tot by die rivier (per voet of per motor) en indien jy deur die rivier swem, is dit nog 'n verdere 1,2 km per voet tot by Lappiesbaai. Alternatiewelik is dit 5,3km om die ompad te ry vanaf Indraf 7 tot by Lappiesbaai strand en bied maklike toegang tot see-aktiwiteite. Vir liefhebbers van heerlike vars see vis, is Stilbaai seehawe slegs 2,7km vanaf Indrafstraat 7. Vir natuurliefhebbers bied die Skulpiesbaai Natuurreservaat die perfekte ontvlugting. Hierdie vakansiehuis is die ideale bestemming vir 'n ontspanne en onvergeetlike gesinswegbreek en is boonop rolstoelvriendelik!

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Indraf-straat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Indraf-straat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc127a75d19e239efe95b9e4086acb6197fd44bd0b613479c5f8a3f8b5b7cde859c5a705e9ea3a2fabb65f335dcd259c66527?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10) 7 Indraf Street Still Bay 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.3769658 21.4046004

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang