Mariette's Cottage
Kry 15% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 13 Feb 2025 tot 20 Feb 2025.
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Huis D10, Kassiesbaai, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Mariette's Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis in die prentjiemooi vissersdorpie Kassiesbaai in Arniston. Kassiesbaai is 'n 200 jaar oue vissersdorpie teen die hawe.
Die bekoorlike kothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 'n kind en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne word voorsien en gaste moet hul eie handdoeke en toiletware saambring.
Die kothuis het 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus is. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kothuis lei na 'n lieflike stoep met braaigeriewe. Daar is parkeerplek op die perseel.
Mariette's Cottage is net 500 m vanaf die see en gaste kan die ongelooflike kuslyn van daar af verken. Daar is ook 'n oulike koffiewinkel stapafstand vanaf die kothuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Tripelstapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Colette Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 112
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Huis D10, Kassiesbaai, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Mariette's Cottage het ’n goeie ligging
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Huis D10, Kassiesbaai, Arniston, 7280, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang