Marilyn's Cottage
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: John Barker-straat 14, Uitbreiding 5, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Marilyn's Cottage is in die hartjie van die vakansiedorp Witrivier in Mpumalanga geleë en bied 'n rustige wegbreek wat deur natuurskoon omring word. Dit is ideaal vir rustige, maar avontuurvolle verblyf.
Dié knus kothuis het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n rusbank vir 'n kind. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en gaste deel 'n moderne badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die lugtige leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en stoele en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die stoep spog met meubels met eetplek en 'n uitsig oor die welige tuin. Veilige parkeerplek agter 'n hek is beskikbaar. African Spear Safaris is net 3,9 km ver en The White River Gallery is 4,6 km vanaf die kothuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 1
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- John Barker-straat 14, Uitbreiding 5, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: John Barker-straat 14, Uitbreiding 5, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang