Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marina Martinique 1442

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Valencia-keeromstraat 1442, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Vanaf R7 250 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Marina Martinique 1442 is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis wat by die water in die pragtige kompleks, Marina Martinique, geleë is. Dit is sowat 5 km vanaf Jeffreysbaai se hoofstrand en tussen Jeffreysbaai en Astonbaai geleë.

Dié dubbelverdiepinghuis het lugversorging, bied slaapplek aan 11 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 6 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n ekstra lang koninggrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, dubbelstort en ondervloerse verhitting. Die tweede en derde slaapkamers is ook op die boonste verdieping en het elk 'n koningingrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer op die onderste verdieping het 'n koninggrootte-bed, lugversorging, en-suite badkamer sowel as 'n TV. Daar is nog 2 slaapkamers onder waarvan een 'n koningingrootte-bed en TV het en die ander het 'n driekwartbed met 'n TV. Hierdie twee slaapkamers het nie lugversorging nie, maar wel waaiers. Die gaste in hierdie slaapkamers deel 'n gastebadkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, koffiemasjien, toonbank met stoele, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met alle DStv-kanale. Daar is ook 'n etenstafel. Die huis het 'n tweede TV-kamer met 2 slaapbanke en 'n TV op die boonste verdieping. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Hierdie huis spog ook met 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennis, veerpyltjiebord, klein gimnasium en 'n kroegie met 'n TV. Die leefarea lei na 'n dek met 'n swembad, buitesitplek en 'n asemrowende uitsig oor die marina. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die huis het sonpanele wat tydens beurtkrag krag voorsien.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 7 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xKinderbank vir 1
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 5

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Handre Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 11 maande

Ligging

  • Valencia-keeromstraat 1442, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Gaste dink Marina Martinique 1442 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R7 250
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R7 250
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Valencia-keeromstraat 1442, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA742e974692d05e5f03b504e5688578bec2651338f866f9d22d9a4c844c9d60dfd3231fc21d701d7571736e4ea45827813ad7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 250 per nag (plek vir 12) 1 5 1 5 1442 Valencia Close Marina Martinique 6332 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -34.0726285 24.9162502

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang