Marine 115
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 115, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Marine 115 is 'n ruim selfsorg-eiendom in Struisbaai met 'n lieflike see-uitsig. Dit is slegs Marinerylaan wat dié eiendom skei van die strand. Gaste kan die gewilde L'Agulhas-vuurtoring en die suidste punt van Afrika verken, of een van die vele gewilde restaurante gaan besoek.
Verblyf bestaan uit 'n drieslaapkamerwoonstel of 'n tweeslaapkamerwoonstel wat elk losstaande eenhede is. Hierdie woonstelle bied slaapplek aan 10 gaste en beide het see-uitsigte en is stapafstand vanaf die strand. Struisbaai is ook 'n gewilde visvangbestemming.
Die hoofselfsorg-eenheid, Marine Main, beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n eet- en sitarea met 'n kaggel.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, gasstoof en -oond, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.
'n Paar trappe na onder lei na 'n tweede sitarea wat 'n 180-grade see-uitsig het. Buite kan gaste by die vuurput met 'n see-uitsig ontspan. Die eenheid is net 50 m vanaf die strand.
Die Marine Magic selfsorg-eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep word. Die badkamers het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en oond, mikrogolfoond, ketel en eetgerei en breekware toegerus.
Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike leerbank, 2 gemakstoele en 'n koffietafel.
Gaste het volle toegang tot die gemeenskaplike braai-area.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Annette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 92
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Marinerylaan 115, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Marine 115 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 115, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang