Mariner Guesthouse
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Liesel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 73
Op LekkeSlaap 13 jaar
Opsomming van Resensie
Susan N - Jan 2024
Algehele gradering
Baie lekker.
Willem V - Mrt 2023
Algehele gradering
Heerlik. Die personeel is profesioneel en vriendelik. Die kamer was ruim met 'n pragtige uitsig.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer, Willem. Dit is goed om te hoor dat julle die verblyf geniet het en dat Mandy en ons span goed na julle gekyk het. Oor sekuriteit wil ek net noem dat Simonstad gelukkig 'n baie veilige dorpie is, maar ons het in die laaste jaar nou maar CCTV kameras opgesit en ons het 'n baie aktiewe buurtwag. Die huis het ook diefwering (clear bars) by alle vensters. Ons het nog nooit enige sekuriteitsinsidente gehad nie, maar ons hou ons oog daarop. Vir nou is die groot doelwit om sonpanele op te sit. Ons inverters hou ons WiFi aan die gang gedurende Loadshedding en ons kamers het "rechargeable" ligte, maar ons hoop om teen die einde van die jaar selfonderhoudend in terme van energie te wees.
Nico C - Okt 2023
Algehele gradering
Rustige plek met lieflike uitsig.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Ons is so bly jy het die rustigheid by ons geniet. Julle is altyd welkom!
Carmen Z - Des 2023
Algehele gradering
Terrible, unhygienic, uncaring theft.
Lees meerMariner Guesthouse se terugvoer
Hi Carmen, I am very sorry about your poor experience and that I wasn't in town at the time to speak to you personally. We have been in operation for 15 years and we have never experienced an incident of theft. I did, however, scrutinise our camera footage and interviewed the staff, but found nothing incriminating any staff member. We provide electronic safes in all our rooms for guests to secure their valuables, as we cannot take responsibility for items that go missing, of which we do not have proof of them being there in the first place. Are you sure the money wasn't misplaced at your wedding reception? These things happen and I'm really sorry it happened to you. You seemed very content when I spoke to you on your first morning, prior to leaving for a few days. We run an eco-friendly establishment and change linen and towels every 3 days, unless guests leave their towels in the bath or showers, exactly like it is done in many guest houses and hotels globally. The fact that towels aren't changed daily does not indicate uncleanliness. For others reading this review, I urge you to also consider the other reviews from the majority of our guests who had a delightful stay and a positive experience.
Nicolene V - Mrt 2022
Algehele gradering
Uitstekende diens. Pragtige plek. Vriendelike staff.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie Nicolene, ek is so bly om te hoor dat julle die verblyf by Mariner Gastehuis geniet het. Ons is bevoorreg om 'n goeie span te he wat al almal lank by ons werk en goed opgelei is. Ons geniet wat ons doen en die beste beloning is gelukkige gaste!
Mitch W - Mrt 2022
Algehele gradering
Pragtig en waarde vir geld!
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie Mitch, dis goed om te hoor. Alhoewel ons gaste die 8-slaapkamer huis deel, help die 4 verdiepings, groot kamers en afskortings op die balkonne dat elkeen sy eie eenheid kan geniet sonder om gesteur te word. Die gemeenskaplike sit en eetkamer is natuurlik vir almal se gebruik, maar mense is oor die algemeen bedagsaam en respekteer mekaar se privaatheid.
Kobus D - Mrt 2022
Algehele gradering
Uitstekende diens en pragtige uitsig.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir sulke positiewe terugvoer. Dit is altyd lekker om te weet dat ons gaste hul verblyf by Mariner Gastehuis geniet het. Ons het hierdie erf gekoop en vir sy posisie bokant die hawe in Simonstad en die huis gebou met groot vensters en skuifdeure op die balkonne om die beste van die uitsig te maak. Kom bly gerus weer!
Carine J - Aug 2021
Algehele gradering
Absoluut heerlik!
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie! Ons sien uit daarna om julle terug te verwelkom!
Madele V - Mrt 2021
Algehele gradering
Wat 'n pragtige gastehuis! Luukse kamer en vriendelikste mense.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ek is so bly dat julle ons geriewe geniet het en ons diens as vriendelik ervaar het. Ons het juis hierdie posisie vir die uitsig oor die hawe en see gekies toe ons 12 jaar gelede die huis gebou het. Ons waardeer dit nogsteeds. Ons sien uit daarna om julle weer by ons te verwelkom.
Eric A - Jan 2021
Algehele gradering
Stunning guesthouse with beautiful views.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Thanks, Eric, it was lovely meeting you. You're welcome back at any time. Liesel
Andy W - Nov 2021
Algehele gradering
Beautiful B&B options outside the city
Mariner Guesthouse se terugvoer
Thank you for your positive feedback and recommendation! It was lovely meeting you. We hope to welcome you back sometime!
Ansunette D - Jan 2021
Algehele gradering
Heerlike, stylvolle verblyf met fantastiese uitsig en lekker ontbyt.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Ons is bly julle het lekker gebly. Kom gerus weer.
Christa P - Jun 2021
Algehele gradering
Gasvryheid, uitsig, netheid, heerlike ontbyt - als wat mens wil hê in 'n gastehuis.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie! Dis altyd lekker om te hoor dat ons gaste hul verblyf by ons geniet het! Hoop ons sien julle weer 'n volgende keer!
Werner R - Feb 2021
Algehele gradering
Onpersoonlik, teleurstellend en nie die geldwaarde per nag werd nie.
Lees meerMariner Guesthouse se terugvoer
Ek is bly julle het ons ontbyt geniet. Ons personeel is almal goed opgelei en ons lewer ons vriendelike diens met plesier aan ons gaste. Ons probeer altyd professioneel wees en gee ons gaste genoeg privaatheid sodat hulle kan ontspan. Ek is so jammer dat jy dit as onpersoonlike vertolk het en voel dat julle verblyf nie spesiaal genoeg was nie. Ons sit gewoonlik blomblare op die bed en kersies in die kamer en badkamer vir wittebrood en huweliksherdenkings (as ons daarvan in kennis gestel is), maar nou nie vir alle besprekings as daar nie spesifiek so met ons gereel word nie. Ons sou dit met graagte gedoen het as jy gevra het. Die kamer se dekor is baie luuks met die hemelbed, kristal kandelare, persiese tapyte en antieke meubels. Die uitsig is natuurlik ook uitsonderlik.
Ek besef die kussings op die bed is bietjie pof, maar daar is ekstra laer kussings in die kas se laai vir die wat ander kussings verkies. Die kamer het DSTV, maar jy het die TV dalk uitgestel toe jy nie die afstandbeheer verstaan het nie. Meeste mense weet hoe om dit te gebruik, so dit is nie iets wat ons oor die algemeen met aankoms verduidelik nie, maar ek sal dit by ons "check-in" prosedure voeg om seker te maak dat mense weet hoe dit werk. Stap-vir-stap aanwysings is ook wel in die inligtingsleer in elke kamer beskikbaar. Daar is te alle tye 'n personeellid aan diens om te help as gaste enige hulp nodig het. Vra maar net - ons help met graagte. Die komplimentere sepies kom van 'n organiese Rooibos skoonheidsprodukte verskaffer en is alles oranjekleurig, maar dit is nie dieselfde in elke bottel nie. Ons gooi shampoo in die shampoo bottel, handewasmiddel in daai bottel, ens. Baie gaste lewer nogal kommentaar oor hoe lekker dit ruik en sag die produk op hul velle en hare voel. Jy is natuurlik welkom om jou eie te bring as jy spesifiek is oor jou velsorg.
Ai, as ek dan so teruglees sien ek dat baie van julle ongenoegdheid met beter kommunikasie uitgeskakel kon word. Ek wil vra dat toekomstige gaste asseblief met ons praat as hulle einige probleme of spesifieke verwagtinge het. Die fotos op ons webblad en is ware fotos van die kamers, maar ons verander af en toe aan die dekor. Ons maak wel seker dat ons kamers almal mooi skoon en keurig versier is met 'n vriendelike verwelkoming.
Aj V - Feb 2020
Algehele gradering
Great stay, friendly staff.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Thank you for recommending us! We look forward to welcoming you back in the future.
Jolene V - Aug 2020
Algehele gradering
Die gastehuis met sy pragtige see-uitsig is geleë teen die berghange. Die uitsig van die see en die hawe maak dat jy sorgeloos op die balkon kan sit en jou verkyk aan die mooi natuurbeeld.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie vir julle positiewe terugvoer. Ons is baie bly dat julle die verblyf by Mariner Guesthouse in Simonstad geniet het. Ons is geseënd met lojale, vriendelike personeel wat 'n groot bydrae lewer tot die suksesvolle bestuur van die gastehuis. Ons is ook dankbaar om elke dag na hierdie uitsig te kan kyk. Ons sien uit daarna om julle weer 'n volgende keer te kan verwelkom!
Elizabeth Jacoba V - Mei 2019
Algehele gradering
Uitstekend, die beste.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie! Dit is so lekker om sulke goeie terugvoer te ontvang.
Kom bly gerus weer!
Eugene F - Mrt 2019
Algehele gradering
Dit was heerlik, pragtig en baie rustig - net wat ons wou hê.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Ek is so bly om te hoor julle het jul verblyf en die rustigheid by ons geniet. Ons is baie dankbaar om in hierdie pragtige deel van die land te kan bly.
Colette U - Mrt 2019
Algehele gradering
Pragtige plek met baie mooi uitsig.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie vir die terugvoer. Ek is bly julle het die uitsig geniet en ons ligging het vir julle gewerk. Met ons stylvolle, goed toegeruste groot tuinwoonstel en pragtige see-uitsig, sowel as die ander 4-ster ekstras wat gratis Wi-Fi, DSTtv, privaat braai area en tuin insluit voel ons dat dit waarde vir geld is om by Mariner Guesthouse te bly. Simonstad self bied baie min verblyf opsies vir families, so ons is een van die min gastehuise wat kinders verwelkom. Dit is vir ons belangrik dat ons gaste gelukkig is met alle aspekte van hul verblyf. Dankie en groete, Liesel.
Shawn W - Okt 2018
Algehele gradering
Well organised and pleasant views.
Sonya V - Apr 2018
Algehele gradering
Asemrowende uitsig en opregte gasvriendelikheid.
Lees meerLeana B - Apr 2018
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs, heerlike ontbyt en met 'n pragtige uitsig.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die aanbeveling.
Daleen is 'n staatmaker! Sy is al 7 jaar by ons en sal altyd help waar moontlik. Gelukkige personeel en goeie opleiding is vir ons baie belangrik, so ek is bly om te hoor dat dit ook so deurgekom het in die kwaliteit van julle ontbyt. Die ruim spasies en uitsig was ook 'n voorvereiste toe ons die gastehuis in 2009 gebou het. Elke kamer het 'n see-uitsig en ons is loopafstand van strande en restaurante, maar kan ook vervoer reel indien nodig. Ons hoop om julle gou weer by Mariner Gastehuis te verwelkom.
Groete
Liesel Coetzer
Christo P - Apr 2018
Algehele gradering
Wonderlike ervaring. Fantastiese uitsig oor Simonstad hawe.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Wonderlik, ons is baie bly julle het jul verblyf by ons in Simonstad geniet. Tot volgende keer.
Naomi D - Des 2017
Algehele gradering
Wonderlik.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ek is baie bly dat julle gelukkig was met ons fassiliteite en diens en dat julle die kuier by ons in Simonstad geniet het. Hier is maar min gastehuise in ons area wat kinder-vriendelik is, so ons probeer dit veral vir gesinne moontlik maak om by ons te bly met ons meer bekostigbare Familie Eenheid en nou ook ons "Garden Apartment" wat ten volle toegerus is vir selfsorg, alhoewel dit daagliks gediens word. Gaste is steeds welkom om in te kom vir ontbyt teen 'n addisionele tarrief, maar het verder gebruik van al ons ander fassiliteite wat ons gratis Wi-Fi, biblioteek en wasgoed diens insluit. Ons sien uit daarna om julle volgende keer by Mariner Guesthouse terug te verwelkom.
Celia P - Sep 2017
Algehele gradering
Enjoyed it.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Het dit geniet.
Ek het die verblyf baie geniet en die wonderlike maniertjies van Mandy.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Hi Celia,
Thank you, I am pleased that you enjoyed your stay. Yes, Mandy, one of our Senior Housekeepers & Office Assistant, is very special with her friendly smile and gentle nature she is always ready to assist.
Kobus S - Apr 2017
Algehele gradering
Uit hul pad gegaan om ons gelukkig te hou.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie Kobus, julle is altyd welkom!
Amanda M - Sep 2017
Algehele gradering
Uitstekende diens en fantastiese verblyf!
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir jou vriendelike aanbeveling. Goeie opleiding en gelukkige personeel is vir ons belangrik, so ek is baie bly jy het dit ook so ervaar. Ons hoop om jou op 'n volgende besoek terug te verwelkom.
Wayne M - Aug 2017
Algehele gradering
Mariner Guesthouse het 'n baie hoe standaard en die akkommodasie is wêreldklas gehalte.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dit is lekker om te sien dat jy ervaar het dat ons hoe standaarde wereldklas is. Ons verwelkom gaste van regoor die wereld, so dit is vir ons belangrik dat alles perfek moet wees om te verseker dat ons gaste gemaklik is en hul verblyf by ons geniet. TravelGround/LekkeSlaap is dan ook een van ons mees gunsteling maatskappye om mee te werk omdat hulle hierdie sentiment deel.
Maria A - Apr 2017
Algehele gradering
Stunning view and lovely setup!
Mariner Guesthouse se terugvoer
I am pleased that you enjoyed your stay at Mariner Guesthouse and that you had a good time in Simon's Town. We hope to welcome you back a next time.
Cobus V - Jun 2017
Algehele gradering
Gerieflike, smaakvolle verblyf met wonderlike uitsigte oor die hawe.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Baie dankie, ek is bly dat jy ons ontbyt geniet het en ons ligging teen die berg bokant die Simonstad hawe gerieflik gevind het. Ons het juis hierdie erf gekies om die gastehuis op te bou oor die pragtige see-uitsig oor Valsbaai asook die feit dat dit loopafstand na restaurante en strande is alles binne 1km. Ons is ook baie gelukkig om gelukkige en vriendelike personeel te he en glo ons diens speel 'n groot rol in die hoe kwaliteit diens wat ons lewer.
Ralph C - Des 2016
Algehele gradering
Very comfortable and a great place to base yourself to visit the Cape.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Baie gerieflik en heerlike plek om as basis te gebruik wanneer jy Kaapstad besoek.
Great ligging en gawe gashere. Uitstekende diens.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Thank you for your review. I am pleased that you enjoyed our location and service.
We chose this location on the mountainside above the Simon's Town harbor when we built it 7 years ago, because of the views across False Bay as well as it being near beaches and restaurants, while still having the tranquility of the mountain around us. Visit us again.
Best regards,
Liesel
Mpho R - Sep 2016
Algehele gradering
Extraordinary.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Thank you for your kind feedback, Mpho. I am pleased to hear that you could relax and recharge during your stay at Mariner Guesthouse. It is important to us that our staff members are well trained and enjoy what they do. As a result, we are happy to offer great customer service.
You are always welcome to visit us again.
Liesel
Anelda G - Mei 2016
Algehele gradering
Beste verblyf by 'n gastehuis nog!
Mariner Guesthouse se terugvoer
Ek is so bly dat julle so lekker gebly het! Nie almal sien altyd die klein bederfies raak nie, so dit is lekker om te hoor dat julle dit kon geniet. Ons hoop om julle weer een dag terug te verwelkom!
Liesel - eienaar
Melinda W - Mei 2016
Algehele gradering
Uitstekend.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie vir die positiewe terugvoering. Ek is bly alles was soos dit moet wees. Jy is altyd welkom!
Groete,
Liesel
(Eienaar)
Erik V - Mei 2016
Algehele gradering
Netjies.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie! Ons spandeer baie tyd aan opleiding en onderhoud om die beste diens en gehalte fasiliteite te verseker. Ek is bly julle het dit ook so ervaar.
Groete,
Liesel
(Eienaar)
Riaan V - Apr 2016
Algehele gradering
Persoonlike diens, waarde vir geld.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie, ons waardeer die "volume punte"!
Johan V - Apr 2016
Algehele gradering
Baie dankie, Mariner Guesthouse vir julle puik aanbieding en diens!
Lees meerMariner Guesthouse se terugvoer
Dankie vir jou terugvoering! Ek is bly julle het lekker gebly en veral ons ontbyt geniet. Ons is baie gelukkig om personeel te he wat omgee en hou van wat hulle doen.
Ons aan-lyn betalingsfassiliteit, Paybridge, is in die proses om "chip" Debiet Kaarte ook by hulle pakket in te sluit. Ons hoop om dit binnekort in plek te hê.
Groete,
Liesel
(Eienaar)
Esmee K - Jan 2016
Algehele gradering
Top!
P S - Jan 2016
Algehele gradering
Netjies en mooi.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Ek is bly om te hoor ons personeel was vriendelik en behulpsaam. Simonstad het oor die algemeen matige temperature, maar dit was besonders warm hierdie Januarie. Ons boonste verdieping see 3 kamers het wel lugversorgers omdat hulle bietjie warmer raak as die kamers op die ander 2 verdiepings. Ons beplan wel om teen volgende somer lugverkoeling in die Luxury Kamer op die middelste vloer ook by te sit en mettertyd in all die kamers. Hierdie kamers het darem almal balkonne en dak-waaiers, en intussen is daar ook altyd 'n koel seebries wat mens afkoel.
Andries S - Nov 2016
Algehele gradering
Gemaklik en stylvol.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie Andries. Ek is bly jy kon sien dat ons goed georganiseerd is. Dit is vir ons belangrik dat ons span almal goed opgelei is, weet wat om te doen en die wiele goed ge-olie is. Die ligging teen die berg bo Simonstad se hawe is lekker sentraal en bied vir ons die see uitsig wat ons nog elke dag waardeer.
Besoek ons gerus weer.
Liesel.
Belinda C - Mei 2016
Algehele gradering
20 jaar-huweliksherdenking: Fantasties!
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie. Ek is bly julle het lekker gebly!
Liesel - eienaar
Christo P - Mrt 2016
Algehele gradering
Uitstekende verblyf met pragtige uitsig.
Annatjie B - Mrt 2016
Algehele gradering
Die kliëntediens was uitstekend.
Esteé V - Feb 2016
Algehele gradering
Baie mooi en baie gerieflik!
Riaan V - Jan 2016
Algehele gradering
Baie gasvry en goeie kliëntediens.
Dirk V - Apr 2016
Algehele gradering
Pragtige uitsig, goeie gehalte verblyf.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie! Die ligging teen die berg bo die dorp wat die pragtige uitsig oor Falsbaai verseker, maar steeds naby restaurante/strande is, was bepalende faktore toe ons die gastehuis in 2009 gebou het. Dit was ook nog altyd vir ons belangrik om waarde vir geld te bied. Ons bied dus verskillende tipes kamers teen verskillende tariewe om meer mense see behoeftes te akkommodeer: almal groot, gerieflik end stylvol!
Monica B - Des 2016
Algehele gradering
Baie mooi, lekker ontbyt.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Hi Monica, ek is bly dat julle ons ontbyt, diens en uitsig positief ervaar het. Ek wil wel ander gaste gerus stel oor die parkering/sekuriteit en die linne.
Ons het 'n motorhuis waarvan ons die helfte in 'n linnekamer omskep het juis omdat niemand ooit gevoel het dat dit nodig was om in die motorhuis te parkeer nie. Daar is wel nog plek vir 1 voertuig (beskikbaar op aanvraag) vir ingeval iemand ongemaklik voel met ons buite parkering. Ek besef julle is van Johannesburg en natuurlik is sekuriteitsbehoeftes baie anders daar. In Simonstad is ons gelukkig dat daar bykans nooit iets slegs hier gebeur nie. Jy sou opgelet het dat almal in ons straat en in teendeel, alle ander gastehuise in Simonstad, van buite parkering gebruik maak. Die huise met Trellidor of erge sekuriteit is gewoonlik eienaars van elders wat vakansiehuise hier het. Ons het wel 'n buurtwag wat patrolleer en beweging geaktiveerde sekuriteitsligte by ons parkering. Ons het in die 7 jaar dat die gastehuis bestaan nog nooit 1 geval van inbraak of enige vorm van misdaad ervaar nie.
In terme van die kolle op die linne - Ons sou dit baie waardeer het as julle dit vir ons bestuur uitgewys het. Ek kan daarom ongelukkig nie met sekerheid se wat dit was nie, maar ek vermoed sterk dat dit dalk sonskerm room merke was. Die professionele wassery wat ons linne doen het hierdie seisoen vreeslik gesukkel om hierdie room uit die linne te kry. Dit verkleur wanneer mens dit behandel en wil net nie uit nie. Ons linne word jaarliks geïnspekteer met ons gradering en ons spandeer letterlik duisende aan nuwe linne as gevolg van linne wat afgeskryf moet word. Hierdie linne moes egter nooit op 'n bed gesit gewees het nie, al was dit tegnies skoon. Ek is baie jammer hieroor. Netheid en higiëne is vir ons uiters belangrik en ek het hierdie kwessie reeds aangespreek.
Philip D - Okt 2015
Algehele gradering
Gerieflik, gemaklik en goeie waarde vir geld.
Naomi S - Mrt 2015
Algehele gradering
Ons wegbreeknaweek na die nuwejaar-begin-malligheid.
Silke P - Mrt 2015
Algehele gradering
Romanties, skoon en mooi!
Sonja M - Feb 2015
Algehele gradering
Pragtige omgewing, uitsig en gastehuis met wonderlike personeel en bestuur.
Ronet S - Feb 2015
Algehele gradering
Luuks en ruim, pragtige uitsig en stilte was wonderlik.
Gerrit V - Nov 2015
Algehele gradering
Ons het ongelooflik lekker gekuier! Baie dankie!
Mariner Guesthouse se terugvoer
Dankie Gerrit - kom gerus weer!
Helgardt M - Aug 2015
Algehele gradering
Ek en my vrou het vir 'n langnaweek by die Mariner Gastehuis gebly.
Erma S - Aug 2015
Algehele gradering
Heerlike oornagplek.
Claudia K - Aug 2015
Algehele gradering
Dit was 'n wonderlike ervaring. Die persoonlike aandag en vriendelik diens was uitstekend. Ons sal enige tyd weer daar gaan bly.
Lees meerWilmari T - Okt 2015
Algehele gradering
Goeie verblyf en vriendelike diens.
Mariner Guesthouse se terugvoer
Beste Wilmari,
Baie dankie vir die terugvoer. Ek is jammer om te hoor julle het gevoel dat julle nie waarde vir geld in ons wittebrood kamer gekry het nie. Ons is altyd baie opgewonde om wittebrood gaste te verwelkom, juis omdat dit so spesiaal is! Hierdie groot kamer, met sy hemelbed en antieke meubels, kristal kandelare, groot badkamer en balkon met pragtige see-uitsig, is beslis die mees romantiese kamer wat in Simonstad vir wittebrood gaste beskikbaar is. Hierdie gerief kom wel teen 'n premium, soos met wittebrood kamers by alle gastehuise. Ons het ongelukkig nie geweet dat dit julle wittebrood was nie! As ons weet van 'n spesiale geleentheid of herdenking, maak ons altyd die kamer ekstra mooi met roosblare, kerse en 'n komplimentêre bottel sjampanje. Hierdie kamer het ook sy eie Espresso/Cappuccino masjien, groot platskerm TV met DStv, lugverkoeler, mikrogolf, yskassie met verversings en gratis Wi-Fi. Addisionele opsies soos vingerhappies of selfs 'n romantiese, privaat aandete in die kamer, 'n bos blomme ter bestelling, of wat ookal gaste verlang, is beskikbaar en ons reël dit graag.
Vir ander voornemende gaste vra ons dat ons asseblief in kennis gestel word van spesiale geleenthede om ons die geleentheid te gee om wel die ervaring so spesiaal moontlik te maak en waarde vir geld te bied.
Elsjene B - Nov 2014
Algehele gradering
Pragtig en wonderlik!
Magda B - Jul 2014
Algehele gradering
Dit is meer as net 'n gastehuis.
Annemarie F - Jun 2014
Algehele gradering
Ons het elke oomblik geniet en van die eerste ooblik af tuis gevoel.
Sabrina V - Jun 2014
Algehele gradering
Baie genotvol! Die ontbyt was baie smaakvol en die drankies billik.
Chris P - Mei 2014
Algehele gradering
Standaard hoog en soos ek verwag en van hou.
Andrew S - Mei 2014
Algehele gradering
Warm, friendly environment
Marelize F - Jun 2014
Algehele gradering
Dit was fantasmagories!
Lynn K - Apr 2014
Algehele gradering
Spectacular views in a tastefully designed home!
Marlyn L - Des 2014
Algehele gradering
'n Rustige, stylvolle gastehuis binne loopafstand van die dorpie en see.
Lees meerPaul H - Jul 2014
Algehele gradering
All one should expect of a 4 star guest house.
Pieter D - Des 2013
Algehele gradering
Absolutely outstanding!!!
Nelie C - Okt 2013
Algehele gradering
Heerlik en ontspanne, huislik en vriendelik, onverbeterlik, letterlik 5-ster verblyf!
Adrian S - Sep 2013
Algehele gradering
Home away from home. Excellent!
Ettienne T - Sep 2013
Algehele gradering
Fantasties! 100% waarde vir jou geld.
Nhlalala C - Apr 2013
Algehele gradering
We enjoyed our stay!
Jolanda H - Okt 2012
Algehele gradering
Excellent!
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harbour Heights-keeromstraat 12, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang