Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Maritza Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grey-straat 1, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Maritza Guest House is 'n gastehuis met basiese selfsorggeriewe in Carnarvon in die Noord-Kaap. Vyf kamers met en suite-badkamers en privaat ingange is beskikbaar in hierdie Victoriaanse huis.

Elke kamer is toegerus met enkelbeddens of enkel- en dubbelbeddens en 'n en suite-badkamer. Verder het elke eenheid 'n vrieskas/yskas, koffie- en teemaakgeriewe, basiese selfsorgtoebehore, elektriese komberse en 'n TV met sekere DStv-kanale. Drie uit die 5 kamers het lugversorging. Verwarmers is beskikbaar as die winterkoue byt en handdoeke, skoon linne en stortjel word voorsien. Vir gaste wat 'n volledige ontbyt verlang is daar lieflike restaurante in die dorp.

Gaste is welkom om gebruik te maak van die braaiplek. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 217 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Annatjie V
Saam met vriende
5.0
Vriendelike plattelandse gasvryheid. Ons verblyf was aangenaam. Ja, dankie. Ons het laatmiddag gearriveer, maar dit was nie vir die gasvrou 'n problee...
Sien meer
Nov 2023
Julius B
Saam met lewensmaat
5.0
Eienaar was vriendelik, gasvry en behulpsaam. Dankie Marie, ek en my vrou het dit geniet. Jou plekkie was netjies, skoon en veilig. Ons kan dit beslis...
Sien meer
Sep 2023
Gerhard S
5.0
Vriendelike ontvangs. Netjiese plek. Netjies en skoon.
Apr 2023
Stoffel P
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gerus en ontspan. Baie hartlik ontvang. Was vakansiedag, nie tred gehou, ons gehelp om iets te eet. Baie skoon en gerieflik. Sy is die vriendel...
Sien meer
Apr 2023
Jan O
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Tannie Marie is 'n engel. Daar aangekom laat middag en sy het ons ontvang en verwelkom. Dit was loadshedding, maar sy het vir ons 'n f...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 217

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Grey-straat 1, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Gaste dink Maritza Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grey-straat 1, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ5ZmNiOGE3LTIxZDMtNGJlNS04ZTE4LTcyOWY3YTc4YzU2Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 217 5 1 5 1 Grey Street Carnarvon 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.969367563954 22.129693734918

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang