Marks Cottages The Villa
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Betty Place 4, Glen Ashley, Durban Noord, 4051, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Marks Cottages The Villa bied selfsorgverblyf in 2 eenhede op die gasheer se perseel in die hartjie van Glenashley in Durban Noord. Die vakansiehuis is naby Glenashley-strand, winkels en restaurante.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n instapstort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond met 'n kookplaat en wasmasjien toegerus.
Die kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n slaapbank vir die kinders. Die badkamer het 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf en 'n induksiestoof toegerus.
Die oopplan-leefarea het 'n dubbelslaapbank en 'n TV vir vermaak. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n tafel en stoele sodat gaste lekker buite kan eet. Verder is daar WiFi, lugversorging en veilige parkeerplek.
Marks Cottages is naby La Lucia Mall, 6 km vanaf die Umhlanga Vuurtoring en 22 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Mark Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Betty Place 4, Glen Ashley, Durban Noord, 4051, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Marks Cottages The Villa het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Betty Place 4, Glen Ashley, Durban Noord, 4051, KwaZulu-Natal