Mark's View
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panoramarylaan 69, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Mark's View is 'n ruim selfsorghuis met 'n panoramiese uitsig oor die see en is in Zinkwazi Ridge. Die huis is net 2 km van die pragtige swemstrand met lewensredders af. Gaste kan die walvisse op hulle jaarlikse migrasie tussen Julie en Oktober dophou, of die dolfyne in die branders sien baljaar.
Die huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, asook 'n tweede sitarea onder. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, toilet en dubbelwasbakke. Dié kamer het ook skuifdeure wat na 'n stoep lei. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer langsaan het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n instapstort, toilet en 'n wasbak in die derde badkamer.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Daar is 'n eetarea met sitplek vir 8 gaste om die tafel langs die kombuis. Die onderdakstoep het 'n etenstafel en stoele, asook 'n ingeboude braai. Die eetarea lei na 'n sitarea met 'n plafonwaaier en 'n TV. Trappe neem jou na die onderste sitarea met sitplek en 'n plafonwaaier, en uit na 'n stoep met buitemeubels en 'n mooi see-uitsig. Dit is die ideale plek om die sonsopkoms met 'n warm koppie troos te geniet.
Die huis is troeteldiervriendelik. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Panoramarylaan 69, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Mark's View het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panoramarylaan 69, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang