Marlin Lodge
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Garricklaan 62, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 593 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Marlin Lodge is in die rustige, tropiese dorp St. Lucia in KwaZulu-Natal geleë. St Lucia is op die oewer van die St. Lucia-riviermonding, en is uniek aangesien dit heeltemal omring is deur die iSimangaliso Vleilandpark, Suid-Afrika se eerste natuurlike Wêrelderfenisgebied.
Verblyf word in 6 eenhede gebied wat slaapplek aan 21 gaste in totaal bied. Elke eenheid het tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, 'n waaier en 'n yskassie. Die ruim kamers het almal en suite-badkamers en lei na 'n stoep wat weer na die tropiese tuin toe lei. Ontbyt kan buite onder die koel bome of in die eetarea bedien word.Middag- en aandete is beskikbaar op verskeie toere en safari's or dit kan by die restaurante in St Lucia geniet word wat stapafstand van Marlin Lodge af is.
Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, Lapa-vermaakarea, braai-area, gratis WiFi, wasgoedgeriewe, karwas teen betaling, asook veilige parkeerplek in. Hierdie verblyf het sonkrag en 'n kragopwekker.
St. Lucia is ’n heerlike plek om te onstpan in 'n pragtige area. Dis 'n lowergroen plek waar natuurliefhebbers die buitelewe kan geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Ursula Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Garricklaan 62, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Marlin Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Garricklaan 62, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering: