Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

3875 Eagle

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Eagle-laan 3875, Marloth Park, 1470, Mpumalanga
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

3875 Eagle is 'n selfsorg-bosveldhuis in Marloth Park, Mpumalanga, net 20 km vanaf die Krugerwildtuin (die Krokodilbrug-ingang).

Hierdie dubbelverdiepinghuis is volledig toegerus om tot 6 gaste te akkommodeer ('n minimum van 2 gaste vir 'n minimumverblyftydperk van 2 aande). Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die slaapkamer bo het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens asook 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die kombuis is volledig toegerus en het ’n yskas-vrieskas, ’n mikrogolfoond en ’n oond. Daar is geen TV, radio of internet nie, maar daar is wel 'n internetsein indien gaste hulle eie versender saambring.

Daar is ’n dek, ’n braai-area en ’n watergat waar wild en voëls gereeld saamdrom. Daar is ook verskeie piekniekplekke langs die Krokodilrivier waar gaste kan uitspan. Daar is 'n plonspoel beskikbaar wat gaste gerus kan vul, indien hulle daarvan gebruik wil maak. Om gesondheidsredes (stilstaande water, muskiete wat broei, ens.) hou ons dit nie gevul voor gaste se aankoms nie. Ons versoek dus dat gaste asseblief die swembadjie vul voor gebruik en dit dan asseblief weer leegmaak met vertrek, sodat die volgende gaste dit ook kan opvul indien hulle daarvan gebruik wil maak.

Die huis word skoongemaak voor gaste inklok, maar nie op 'n daaglikse basis nie.

Die huis word as 'n geheel uitverhuur aan gesinne, ongeag van hoeveel kamers bespreek word.

’n Supermark, ’n drankwinkel, ’n restaurant en ’n vulstasie is binne 5 km van die huis af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Traceylee V
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing en alles wat my siel nodig gehad het. Baie lekker rus en net perfekte grootte vir ons gewees, alles bymekaar, jy kan swem terwyl die ander br...
Sien meer
Feb 2025
Anuchka V
Saam met lewensmaat
5.0
Vreeslik baie lekker. Vreeslik baie lekker met al die dure wat kom kuier deur die dag.
Jan 2025
Austin V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustig en geen probleme nie. Het baie lekker gebly.
Aug 2024
Silvia D
Saam met vriende
5.0
Rustig, gemaklik. Heerlike ervaring. Sal weer gaan.
Jul 2024
Gerhard K
Saam met lewensmaat
4.6
Sal weer daar gaan bly as die eenheid net beter skoongemaak word. Die huis was vol spinnerakke in die kamers se hoeke, dooie goggas teen die dak, blin...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Hillary Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 76

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Eagle-laan 3875, Marloth Park, 1470, Mpumalanga
  • Gaste dink 3875 Eagle het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Eagle-laan 3875, Marloth Park, 1470, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGTKyPKGH62iM0jSmJcED7gy7pPvzqzWiUVSc7os3YFavTXPdE7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense 76 5 1 5 3875 Eagle Avenue Marloth Park 1470 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.347222222222 31.791666666667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang