Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Koedoeslaagte

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 3364, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Koedoeslaagte is 'n dubbelverdiepinghuis wat in die ongerepte bosveld naby die Krugerwildtuin se suidelike punt in Marlothpark geleë is. Die huis grens aan parkland en is 150 m vanaf die Krugerwildtuin se hek. Dis ideaal vir 'n gesin of vriende wat graag van die stad se gejaag wil ontsnap.

Die woonstel beskik oor 4 gerieflike slaapkamers. Elke kamer het 'n dubbelbed, waaier en 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 2 bykomende enkelbeddens in die solder-area. Linne en handdoeke word voorsien.

Die huis het 'n ruim leefarea en 'n kombuis (geen oond) wat toegerus is met 'n elektriese-/gas-vierplaatstoof, eetgerei, breekware, 'n yskas-vrieskas, kusvrieskas, 'n mikrogolfoond en ketel. WiFi is beskikbaar en daar is 'n DStv-koppelpunt so gaste is welkom om hul eie DStv-slimkaart saam te bring.

Daar is 'n lieflike houtdek en dis die perfekte plek om te ontspan op soel somerdae. Buite is daar 'n plonspoel (word volgemaak afhangend van gaste se behoeftes) en braaiplek met wonderlike uitsigte oor die bosveld. Daar is ook wild soos koedoes, sebras, kameelperde, blouwildebeeste, bobbejane, bosbokke, blouapies, njalas, rooibokke, vlakvarke en volstruise wat vrylik rondloop. Die voëllewe is ook ryk.

Marlothpark spog met 4 van die Groot 5 (almal behalwe die olifant). Tog kan jy gereeld sien hoe olifante in die Krokodilrivier baljaar wat Marlothpark van die Krugerwildtuin skei. Renosters, buffels, leeus, en luiperds kan in Lionspruit, 'n aparte wildreservaat binne Marlothpark, gesien word. Renosters, buffels, leeus en luiperds kan van die huis af gehoor word.

Die eienaar woon op die perseel in 'n woonstel langs die huis. Die woonstel front na 'n ander rigting.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 5

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Marinda U
Saam met vriende
5.0
Baie lekker verblyf. Ons het baie lekker gebly.
Aug 2024
Belinda C
5.0
Lekker gebly, baie diere besoeke, goeie ligging en voorwaar vriendelike mense. Lekker gebly, baie diere besoeke, goeie ligging en voorwaar vriendelike...
Sien meer
Apr 2024
Hanlie B
5.0
Die diere het ons harte gesteel en die huis met sy lieflike stoep was 'n wenner! Ons het heerlik saam met familie gekuier. Die feit dat elke kamer sy ...
Sien meer
Jul 2023
Gert V
Saam met vriende
4.8
Heerlik gekuier en gebly met geen probleme. Baie lekker, alles goed.
Jul 2024
Teresa T
Gesin met klein kinders
4.8
Relaxing, peaceful and beautiful. An outright 10 stars for Cobus and Nellie! Set away from the road, this was ideal for our whole famil...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Cobus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Elandstraat 3364, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Koedoeslaagte het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 3364, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM0YzhmYjI4LTc1NDItNDZkZS04YWZlLTgwYjgyNGQ1ZWMwYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10) 65 5 1 5 3364 Eland Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.341764852927 31.809263152525

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang