Marnalé Oornagwoonstel
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Martha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Op LekkeSlaap 8 jaar
Opsomming van Resensie
Marna R - Jul 2024
Algehele gradering
Baie lekker. Net oorgeslaap was daar vir sport.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hallo Marna, met 'n naam wat amper dieselfde as ons oornagverblyf is, is ek bly dat julle jul verblyf geniet het. Dankie dat julle ons gekies het om oor te bly.
Helena J - Des 2023
Algehele gradering
Skoon, stil en veilig. Goeie waarde vir geld.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hi Helena, die oorbly van jou is altyd aangenaam en ons gesels so lekker, net soos ou vriende. Dankie dat jy by my oorbly. Goedgaan tot ons mekaar weer sien.
James M - Sep 2023
Algehele gradering
So nice we would like to stay twice!
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thank you James. I appreciate your review and are glad that you have a comfortable stay with us. Our guests is very important and we want them to enjoy the accommodation. Regards and God bless.
Jenny-may W - Mei 2022
Algehele gradering
Lovely little cottage.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thank you very much for your booking and support. It was a pleasure to host your well behaved employees.
Nicolene N - Apr 2022
Algehele gradering
It was a work trip.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thank you Nikki, your staff were also friendly and well behaved and I will host them again.
Regards
Ilana O - Mrt 2022
Algehele gradering
Netjies, skoon en gemaklike beddens.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoering op jul verblyf.
Groete
Martha
Theuns B - Nov 2020
Algehele gradering
Alles was skoon en netjies met my aankoms.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie, Theuns, dat jy gekies het om by ons oor te bly en dat dit aan jou verwagtinge voldoen het. Ons strewe daarna dat elke gas gerief en gemak ondervind.
Jaco P - Feb 2020
Algehele gradering
Netjies en skoon.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Jaco dat julle familie die woonstel gemaklik gevind het. Dit is ons hoofdoel dat mense waarde vir hulle geld kry.
Garth N - Sep 2020
Algehele gradering
Slegs ge-oornag.
Lorraine O - Nov 2019
Algehele gradering
Diens uit die boonste rakke.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hi Lorraine,
Dankie dat julle ook sulke aangename gaste was. Dit is altyd ñ plesier om mense te huisves wat plat op die aarde mense is.Hoop julle het jul vakansie geniet.
Groete,
Martha
Mariette F - Aug 2019
Algehele gradering
Lekker gebly.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Mariette,
Ons is bly dat julle die verblyf geniet het. Dit was goed om julle te leer ken.
Groete,
Martha
Jacqueine W - Jul 2019
Algehele gradering
Fantastic hosts.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thanks for your kind words. You were also very easy guests and you are welcome anytime.
Jose P - Mei 2019
Algehele gradering
Baie rustig, kan sien die mense is die "sout van die aarde".
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Jose, jy, jou kinders en die kleintjie is meer as welkom om weer hier te oornag. Hoop om julle weer te sien.
Groete daar
Martha en Nana
Thomas V - Mei 2019
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie dat julle ons gekies het om oor te bly, Tommie. Julle was vriendelike mense om te ontvang. Altyd 'n plesier om aan gaste net die beste te verskaf. Niemand wil vir ongerief betaal nie.
Ellen M - Mei 2019
Algehele gradering
Great.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thank you Ellen.,
It is also a pleasure to host guests like you.
Regards
Martha
Michelle O - Mrt 2019
Algehele gradering
'n Huis van die huis af!
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Michelle.
Ek is bly dat julle jul verblyf by ons geniet het. Ek het gehou van wat jy gesê het toe jy verwys het na die foto's wat nie reg laat geskied aan die woonstel nie.
Elsie D - Mrt 2019
Algehele gradering
Baie lekker gekuier, dankie.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Baie dankie. Ek is bly julle was tevrede met die akkommodasie.
Evan O - Aug 2019
Algehele gradering
Skoon en netjies met goeie waarde vir geld.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie dat julle weer by my bespreek het. Dit is die beste kompliment ooit. Ek hoop dat julle die duikery by die see geniet het.
Goed gaan
Martha
Carel J - Nov 2019
Algehele gradering
Baie lekker gebly, as was hoofdoel net oorslaap.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Carel, dat julle tevrede was met die woonstel. Daardie yskas kom al saam 40 jaar met ons saam en wil nie ingee nie.
Groetnis
Martha
Johan H - Jul 2019
Algehele gradering
Baie netjies en goed geleë. Tuin netjies en skoon.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Johan, dat julle ons gekies het om te oornag. Julle was regtig aangename gaste om te ontvang. Mooi loop.
Connie V - Mrt 2019
Algehele gradering
Ons het die rustigheid en netheid waardeer.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Connie, ek waardeer julle kommentaar. Goed gaan tot weersiens.
Johan V - Jun 2018
Algehele gradering
Lekker rustig en vriendelik en goeie diens.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hi Johan, dankie dat julle by ons oornag het. Dankie vir die hekellappie wat julle vir die ketel gelos. Die bloukleur pas mooi by die kleurskema. Julle moet die see geniet. Groete, Martha en Nana.
Carina S - Apr 2018
Algehele gradering
Baie netjies en skoon.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie dat julle ons gekies het om oor te bly Carina . Ek waardeer julle positiewe terugvoer. Ons probeer ons bes om elke gas die beste te gee.
Groete
Martha
Melinda E - Mrt 2018
Algehele gradering
Gerieflik.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Goeiedag Melinda,
Baie dankie dat julle oorgebly het en dat julle die woonstel geniet het.
Groete
Martha
Ingrid L - Apr 2018
Algehele gradering
Uitstekend.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Goeiedag Ingrid
Baie dankie vir jou positiewe en goeie kommentaar, ek waardeer dit opreg. Ek probeer altyd dat my gaste voel of hulle by hul eie huis is, gemaklik, gerieflik en privaat.
Martha
Elize B - Feb 2018
Algehele gradering
Gasvry, skoon en netjies.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hallo Elize. Baie dankie vir die mooi woorde. Ons waardeer dit opreg. Elke gas is vir ons belangrik en moet elkeen tuis voel asof dit hul eie huis is. Elke gas moet in 'n skoon en netjies plek instap en dit geniet om by ons tuis te gaan.
Beste wense,
Martha
Theresa C - Jul 2018
Algehele gradering
Aangenaam.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Baie dankie vir die mooi woorde. Ons waardeer dit baie.
Ebrahim K - Mrt 2018
Algehele gradering
Clean comfortable and peaceful.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thank you for your kind words, Ebrahim. I am glad that you enjoyed your stay.
Regards,
Martha
Tony T - Mei 2018
Algehele gradering
A very comfortable accommodation with charming hosts.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thank you Tony, I am glad that you have enjoyed your stay with us. Please feel free to come again.
Gideon P - Des 2018
Algehele gradering
It felt like a quick stay at a home for the evening with relaxed atmosphere.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hi Gideon.
Dankie vir die mooi kommentaar. Dit is altyd ñ plesier om aangename mense te ontvang. Dit moet wees soos by jou eie huis.
Goed gaan.
Carlien W - Nov 2017
Algehele gradering
Lekker! Ek sal weer gaan!
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Carlien dat die akkommodasie tot jul bevrediging is. Elke persoon wil waarde vir hul geld hê en om in vreemde plekke te oornag is nie altyd maklik nie. Ek waardeer jul kommentaar en is jul altyd welkom om te kom oornag.
Groete,
Martha
Johan P - Okt 2017
Algehele gradering
Netjies, skoon en vriendelike ontvangs.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Hettie, bly om van julle te hoor. Met al die mense wat ons so ontmoed kan ek net sê dat daar nog baie goeie mense in Suid-Afrika is en akkommodeer ek sulke mense graag.
Groetnis
Riekie T - Okt 2017
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Riekie, vir jul vriendelikheid en insette. Ek waardeer dit baie.
Renier D - Aug 2017
Algehele gradering
Lekker gerieflik en gasvrou/heer baie gaaf en behulpsaam.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Renier, julle was ook baie maklike en aangename gaste, sonder pretensie.
Coenraad A - Apr 2017
Algehele gradering
Good value for money. Will definitely make use of them again!
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Coenraad, vir jou kommentaar. Dit is altyd aangenaam en lekker om mense te ontvang wat soos familie voel.
Jy is baie op die pad, so mooi ry. Ons dink aan jou.
Martha en Nana
Annalien K - Jul 2017
Algehele gradering
Ruim, netjiese, goed toegeruste woonstel.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Annalien. Ek waardeer jou kommentaar.
David F - Des 2017
Algehele gradering
Gerieflik, ruim, skoon en vriendelike mense.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Beste Dawie,
Baie dankie, dit is altyd goed om gaste te ontvang wat so aangenaam is soos julle. Ek het julle nie hierdie keer te siene gekry nie, maar jy weet my man geniet altyd goeie geselskap. Hoop dat julle die vakansie geniet het.
Mooi jaar vir julle en ek hoop dat jul dorp se water en elektrisiteitsprobleem opgelos kan word.
Eurela Y - Sep 2017
Algehele gradering
The hospitality was awesome.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Thank you Eurela, hope to see you again.
Johan D - Feb 2017
Algehele gradering
Piet Retief is nog lewend.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Johan. Dit was ook lekker om julle by ons te hê. Daar is baie pragtige en goeie mense nog in Suid-Afrika.
Anonieme gas - Aug 2017
Algehele gradering
Philip D - Okt 2016
Algehele gradering
Uitstekende gasvryheid.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Philip. Dit was lekker om met julle te gesels. Die wêreld is maar klein en loop ons mekaar moontlik weer eendag raak.
Groete daar.
Hein R - Okt 2016
Algehele gradering
Dit voel soos jou eie huis, rustig en gemaklik.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hallo Elmarie. Hoop dat julle lekker vakansie by die see gehou het en dat julle veilig terug is in Zeerust. Sal aan julle dink wanneer ons weer deur Zeerust ry. Dit was ook lekker om met julle te gesels.
Ek moet sê dat tot dusver het daar nog net aangename mense soos julle by ons oornag en geniet ons dit ook om julle te ontvang. Mooi bly. Martha
Rowan S - Aug 2016
Algehele gradering
Perfect overnight location.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
I do remember you, your wife and two sons and I appreciate your feedback. It helps to know what guests think about the accommodation and I will try to keep the standard so that my quests can enjoy their stay.
Regards,
Martha
Tokkie V - Jul 2016
Algehele gradering
Ongelukkig het ons vir net een aand oorgeslaap, maar dit was onvergeetlik.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hi Tokkie. Baie dankie vir jul terugvoering. Dit was sommer lekker om julle te akkommodeer, want julle is baie aangename mense. Dankie dat julle kom groet het toe julle wou ry. Ons waardeer dit baie.
Dankie
Martha en Nana
Sonja G - Jul 2016
Algehele gradering
Ons het lekker geslaap teen 'n baie billike prys.
Lees meerMarnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hi Sonja. Ek is baie bly dat julle die oorslaap geniet het. Ek hou daarvan om mense te ontvang wat vriendelik is. Ek bied graag slaapplek aan mense teen 'n billike tarief.
Groete
Martha
Hannes C - Sep 2016
Algehele gradering
Iets besonders.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Hannes. Ek waardeer julle kommentaar. Dit was ook lekker om julle te ontvang. Hoop ek sien julle ook weer.
Groete
Martha
John S - Jun 2016
Algehele gradering
Beste plek om te oornag oppad Sodwana toe!
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie John. Julle is baie aangename mense en was dit 'n plesier om vir julle akkommodasie te gee.
Evan O - Mei 2016
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld met vriendelike diens.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie, ek waardeer die terugvoer.
Martha
Elize D - Des 2016
Algehele gradering
Gerieflik, netjies en baie bekostigbaar!
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Dankie Elize. Julle is ook welkom om weer hier te oornag.
Marié B - Jul 2016
Algehele gradering
Baie netjiese, gerieflike verblyf, ten volle toegerus.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Baie dankie vir jul kommentaar. Ek waardeer dit en weet dat ek net die beste vir my gaste wil gee.
Groete
Martha
Cobus C - Jun 2016
Algehele gradering
Sielskos.
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hallo Cobus. Jou kompliment is oorweldigend en weet ek nie wat om te sê nie. Baie dankie dat julle die tyd by ons geniet het en mag die pad wat julle met die Here stap ook geseënd wees.
Martha
Charlene F - Okt 2016
Algehele gradering
Baie vriendelik verwelkom en laat voel, baie lekker gebly - sal vir seker weer daar bespreek!
Marnalé Oornagwoonstel se terugvoer
Hallo Charlene. Dankie vir jou kommentaar. Ek waardeer dit. Ek hoop dat julle toe die dag geniet het en dat die hindernisbaan nie te erg was nie.
Groete
Martha
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Von Brandis-straat 31, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang