Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Maropeng Boutique Hotel

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R400, Wieg van die Mensdom, 1739, Gauteng
  • Vanaf R2 180 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Maropeng Boutique Hotel bied B&B-verblyf op dieselfde perseel as die Wieg van die Mensdom-besoekersentrum. Die hotel spog met 'n pragtige uitsig op die Witwatersberg en die Magaliesbergreeks en is die ideale basis vanwaar gaste die verskillende historiese besienswaardighede in die omgewing kan besoek.

Verblyf by Maropeng Boutique Hotel word in individueel versierde en gerieflike hotelkamers gebied. Elke kamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed, 'n Afrika-tema, 'n privaat badkamer met 'n bad en stort, 'n haardroër en gratis toiletware. Die kamers me lugversorging het ook elk 'n platskerm-TV en koffie- en teemaakgeriewe. Elke kamer het 'n stoep met 'n pragtige uitsig op die golwende heuwels en oor die vallei.

Ontbyt is ingesluit en word in die restaurant op die perseel bedien, waar ander heerlike maaltye ook bestel kan word. Verder bied die hotel gratis WiFi, 'n goed toegeruste kroeg, 'n gastesitkamer en 'n randvloeiswembad op die dek. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Maropeng Boutique Hotel is minder as 12 km vanaf die Sterkfonteingrotte en 43 km vanaf Lanseria Internasionale Lughawe.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Portier
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marius O
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike wegkoms uit die stad. Pragtige landskap en ligging met fantastiese uitsigte vanuit die kamer. Die personeel was vriendelik en verwelkomend en...
Sien meer
Mrt 2024
Jenine B
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gerus! Baie lekker gebly. Kos was die absolute hoogtepunt!
Feb 2024
Yvonne N
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Staff were lovely and we enjoyed our stay. We have stayed there before.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Adeliade T
Gesin met tieners
5.0
Fabulous stay, amazing staff, breathtaking views. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Ronnie D
Saam met lewensmaat
4.8
Please refer above. It was an amazing experience and very enjoyable. The accommodation was perfect and extremely clean, and the staff w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Reservation Desk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Langs die R400, Wieg van die Mensdom, 1739, Gauteng
  • Gaste dink Maropeng Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 180
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 180
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R400, Wieg van die Mensdom, 1739, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA381cbf365caaf023847ed0717c1e7fcdd14a4b5639294ac6741fbe2a226df80d17f20503b9d2aed4f92db9e7bb4a6d2aa422?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 180 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 Off the R400 Cradle of Humankind 1739 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.964489449925 27.664407409312

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang