Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marthinusrust

Kampeer/karavaan

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Joan A
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2018

Fantastiese, ontspannende verblyf. Ongelooflike gasvryheid vanaf aankoms to vertrek. Onmiddelik tuis gevoel. Eenheid is gerieflik en netjies. Siek kind gehad tydens verblyf en almal het uit hulle pad uitgegaan om te help en te dokter. Kinders betrek by die plaaslewe en regtig uit hulle pad uit gegaan om dit 'n onvergeetlike verblyf te maak. Die Here seën u bedryf en weereens baie dankie vir 'n heerlike wegbreek. Sal beslis weer kom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elanie N
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2018

Rus vir my siel. Dit was 'n wonderlike ervaring.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melissa T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2017

Rustig en sielsrus. Was heerlik en rustig. Boorgatwater was bonus in die droogte en seuns het dit terdeë geniet. Vriendelike eienaars het dit regtig plesierig gemaak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liandri M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2017

Rustig. Baie dankie vir 'n rustige naweek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rhoshanda S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2017

Excellent place to stay, will recommend it to anyone. We enjoyed our stay, the tranquility and peaceful countryside was awesome. Hospitality of great standard, cleanliness next to godliness, hosts very helpful and friendly, fully equipped with more than we expected. Thank you Marietjie and Bernard we loved the breakaway on your farm.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Laremy L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2017

Fantasties. Ons het vreeslik lekker gekuier en die rustigheid geniet. Die gasheer was regte boeremense en het uit sy pad gegaan om ons verblyf so lekker te maak. Die groot binnebraai in die kombuis, die verniet WiFi en die fantastiese stort was die cherry op die koek. Sal enige iemand aanbeveel om dit te ervaar. Dankie Ferdi, jou vrou en jou Pa.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ferdi
Marthinusrust
Baie dankie vir die resensie. Dit was 'n plesier om julle by ons op die plaas te kon ontvang.

Marita D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2017

Salig en rustig, met die natuur en plaas-aktiwiteite wat dit 'n wonderlike ervaring maak. Lieflike huisie, toegerus met alles wat benodig word. Heerlike groot binnebraai vir 'n lekker kuier. 'n Groot, netjiese grasperk los oorgenoeg ruimte vir kinders om te baljaar. Heerlik om buite te sit en die natuur en plaas bedrywighede te aanskou. 'n Staproete neem jou na 'n sandsteengrot en uitkykpunte oor die plaas en omgewing waar jy werklik na aan die natuur is en ongelooflike oomblike kan vasvang. Die sonsondergang oor die plaasdamme is ook iets om te aanskou! Vir die voëlliefhebbers is dit vir seker 'n paradys. Die mense hier is almal baie vriendelik, gasvry en hulpvaardig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Philip V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2017

Dit was ongelooflik. Mens kan dalk kyk om die inklok tyd van 15:00 te skuif na 12:00 want 3 uur is die dag al om en mens betaal vir 'n dag waarvan jy nie veel kry nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ferdi
Marthinusrust
Baie dankie Philip vir jul resensie. Ons wil graag meer tyd aan ons gaste gee om hul tyd te geniet op die plaas maar dit is vir ons meer belangrik om ñ skoon en netjiese verblyf aan ons gaste te gee en daarom het ons so ñ ekstra uurtjie of 2 nodig. Ons sal wel kyk na die moontlikheid vir ñ vroeër inklok.

Karin L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2017

Perfek vir die hele gesin. Ons het heerlik gekuier, die kinders wou weet of ons vir altyd kan bly. Akkomodasie is perfek en die gas-gesin baie vriendelik. Die kinders het die 2 hondjies aangeneem en het vir ure buite gespeel - baie veilig, en vir ons droogte-geteisterde Kapenaars was die tuinsproeiers vir die kinders 'n hoogtepunt! Ons will sommer gou weer bespreek vir volgende jaar. Die plaas is pragtig en ons sal volgende keer langer wil bly en die staproete en plaas verken.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nicolette B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2017

Ons verblyf was heerlik, uit die boeke, rustig en alles wat 'n gesin nodig het vir 'n wegbreek! Die plaas is pragtig en ons het elke minuut van ons naweek geniet. Ons sal beslis terugkeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Ferdi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf R400
R 400 R 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf R400
R 400 R 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jakkalsvlei-weg, Marthinus Rust Plaas, Clanwilliam, 8120, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA559b85ae7ec2bb673483a3ecc63e1c02817ea81b31f9cbe5fbb1ff51b07d6e11d30aeb513a74015b99957e55d2de3a2b722f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R400 nouVanaf R300 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 Jakkalsvlei Road Marthinus Rust Farm 8120 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -32.261600321281 18.760093050225

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang