Mashudu Private Game Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 37 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mashudu Private Game Lodge is 45 km vanaf Nylstroom geleë en is perfek vir naweek- of midweekwegbreek, 'n troue of 'n konferensie.
Die lodge bied gaste 'n keuse om 1 van die tente of kamers te bespreek. 'n Klein yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien. Gerieflikheidshalwe word badhanddoeke voorsien. Gaste wat die tente bespreek, moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Elkeen van die kamers het slaapplek vir 2 mense en is ingerig met dubbel- of 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Die tente is omring deur bosveld en het elk slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders onder 16. Die tente is nie geskik vir 4 volwassenes nie. Elke tent is ingerig met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 'n stapelbed, en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tente het 'n privaat boma en kombuis (geen mikrogolfoond). Die gemeenskaplike kombuis en boma kan gehuur word indien 'n groepbespreking gemaak word.
Mashudu Private Game Lodge het 'n kurioswinkel en 'n kroeg. Die lodge het 'n gemeenskaplike swembad en 'n speelarea vir kinders. Doendinge in die lodge sluit 4x4-wildritte, voëlkyk, stap- en fietsryroetes, voetslaan en veldrymotorfietsry in. Vir konferensies, troues of groot groepbesprekings kan die restaurant op versoek oopgemaak word.
Die pad na die lodge is 'n teerpad, maar die een wat na die tentkamp lei, is 'n klipperige pad. Gewone motors kan daarop ry, maar net baie stadig.
Aangesien die verblyf van sonkrag gebruik maak, implementeer die eienaars af en toe hul eie "loadshedding" om die batterye te bespaar.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Yolandy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Gaste dink Mashudu Private Game Lodge het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 37 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang