Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Mashudu Private Game Lodge

Wildsplaas
Naweekaanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag. Geldig vir verblyf vanaf 20 Feb 2025 tot 31 Mrt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 37 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Vanaf R1 750 R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Mashudu Private Game Lodge is 45 km vanaf Nylstroom en is ideaal vir 'n wegbreek, troue of konferensie.

Die lodge bied tente en kamers. Daar is 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe, asook badhanddoeke. Gaste wat die tente bespreek, moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Elke kamer bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Die tente word deur die bosveld omring en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders onder 16. Die tente is nie geskik vir 4 volwassenes nie. Elke tent het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tente het 'n privaat boma en kombuis (geen mikrogolf). Die gemeenskaplike kombuis en boma kan gehuur word indien 'n groepsbespreking gemaak word.

Mashudu Private Game Lodge het 'n kuriowinkel en kroeg, asook 'n gemeenskaplike swembad en kinderspeelarea. Gaste kan 4x4-wildritte geniet, stap, fietsry, voetslaan en motorfietsry. Die restaurant kan oopgemaak word vir konferensies, troues of groot groepbesprekings.

Die pad wat na die lodge lei, is geteer, maar die pad na die tentekamp is 'n grondpad. Normale voertuie kan daarop ry, maar moet net stadig ry.

Aangesien die verblyf sonkrag gebruik, stel die eienaars van tyd tot tyd hul eie 'beurtkrag' in om die batterye te spaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Bosstaproete
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Yolandy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Gaste dink Mashudu Private Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
R 1 750 R 1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 750
R 1 750 R 1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 37 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2fdebc84bdf9d27d86a3bd59c06f4f9282ade9bec60ba45b710388f22eb1de5de86d6ff69c6f476d87ab5013f7f583b307c9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 750 nouVanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 Off the R33 Vaalwater 0530 Limpopo 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -24.381269131901 28.138883113861

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789