Matla Mamba Safaris Lodge
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R510, Matla Mamba Safari's, Diamant KQ 228, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Vanaf R11 588 per nag (plek vir 22)
Beskrywing
Matla Mamba Safaris Lodge bied pragtige verblyf op die oewer van die Mambarivier op 'n wildplaas van 7000 hektaar in die Waterberg-streek van Limpopo. Die perseel is nie omhein nie, wat beteken dat wild vrylik rondloop en selfs binne die kampgrense kom wei.
Die lodge bied verblyf aan in 7 losstaande chalets wat as slaapkamers dien. Twee van die chalets het elk 2 enkelbeddens en 'n ekstra enkelbed wat slegs vir 'n kind geskik is. Elkeen van hierdie chalets het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Vier van die chalets het elk 4 enkelbeddens en die sewende chalet het 'n dubbelbed. Elkeen van dié chalets het 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Daar is 'n sentrale gebou met 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met genoeg sitplek en die sitarea het gemaklike rusbanke. Die buiteboma is ideaal vir gaste wat om die kampvuur wil kuier of wil braai en daar is ook 'n kroegarea op die boonste verdieping met 'n uitsig oor die rivier. 'n Buite-eetarea met sitplek vir 20 gaste is naby die swembad beskikbaar.
Gaste kan die kano's op die perseel gebruik en daar is ook 'n tafeltennistafel, veerpyltjiebord, pooltafel en 'n TV met DStv. Gaste kan wildritte vooraf reël of hulself net verlustig in wild- en voëlkyk op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbed vir 1
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbed vir 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Irma Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R510, Matla Mamba Safari's, Diamant KQ 228, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R510, Matla Mamba Safari's, Diamant KQ 228, Thabazimbi, 0380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang