Mattaniah Akkommodasie
Kry 40% af vir verblyf voor 3 April 2025. Bespreekbaar tot 17 Feb 2025
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 7, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 300R780 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mattaniah Accommodation bied netjiese selfsorgverblyf in Winklespruit, net 230 m vanaf St Winifred's Strand.
Verblyf bestaan uit 3 eenhede.
Eenheid 1 is gerieflik gemeubileer om 2 volwassenes en 2 kinders te akkommodeer. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer, 'n badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank is beskikbaar in die leefarea vir 2 kinders of volwassenes. Die en suite-badkamer het 'n stort en toilet.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gas stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n slim-TV met sekere DSTV-kanale en uitloop op 'n tuintjie met 'n gedeeltelike see-uitsig. 'n Krag stasie is beskikbaar gedurende beurt krag of krag onderbrekings wat selde in ons omgewing is. Daar is ook 4 ECO tenks beskikbaar vir ingeval daar water onderbrekings is, wat ook selde in ons gebied is.
Eenheid 2 het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders of volwassenes, en beskik oor 1 slaapkamer, 'n badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, en 'n slaapbank is beskikbaar in die leefarea vir 1 - 2 volwassene of 2 kinders. Die badkamer het 'n stort en toilet. n Krag stasie is beskikbaar gedurende beurt krag of krag onderbrekings wat selde in ons omgewing is. Daar is ook 4 ECO tenks beskikbaar vir ingeval daar water onderbrekings is, wat ook selde in ons gebied is.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gas stoof en oond, 'n lugbraaier, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n slim-TV met volledige met DSTV-kanale. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n mooi see uitsig.
Eenheid 3 is klein en bied slaapplek aan slegs 2 volwassenes. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer, 'n badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. In die leefarea is daar sitplek vir 2. Die badkamer het 'n stort en toilet.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n lugbraaier, 'n tweeplaat gas stoof, en 'n mikrogolfoond, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n slim-TV met Openview. Die sitkamer lei na 'n terras met 'n lieflike see-uitsig.
Winklespruit Strand is beveilig teen haaie en is 'n gewilde swem- en branderplankry-strand. Gaste kan ook die Galleria Mall met verskeie winkels en restaurante besoek wat net 9,5 km ver is.
Neem asseblief kennis dat hierdie eiendom troeteldiervriendelik is en dat daar ook ander diere op die perseel is. Indien u nie lief is vir diere nie, dink dan maar nog 'n keer voor u bespreek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Wilna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Strandweg 7, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Mattaniah Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Winklespruit Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 7, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang