Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Me Gustas Tu

Spesiale Aanbod 40% af

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Aug 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wightman-straat 26, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 R690 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Me Gustas Tu bied selfsorgverblyf op die tweede verdieping, let wel toegang word verkry deur middel van trappe na die verdieping, van die eienaar se huis in die kusdorp, Langebaan. Dit spog met 'n sprankelende swembad, op dieselfde vlak as die wooneenhede, wat met medegaste gedeel word. Alle vertrekke het direkte toegang tot die stoep met 'n see-uitsig. Die eenheid is 800 m vanaf die hoofstrand.

Verblyf is beskikbaar in 'n eenslaapkamer-eenheid en 'n tweeslaapkamer-eenheid en elke eenheid is toegerus vir selfsorg. Al die slaapkamers het dubbelbeddens en bied direkte toegang tot die stoep wat weer na die swembad lei. Espaciosa se 2 slaapkamers het ook elk 'n en suite-badkamer, een met 'n stort en die ander met 'n bad. Comoda het 1 slaapkamer met suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Albei eenhede het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus is. Daar is 'n eetarea en 'n sitarea met sitplek, 'n TV en die vol DStv-pakket. Gratis WiFi is in albei eenhede beskikbaar.

Die eenhede het elk hul eie toegang vanaf die gemeenskaplike stoep en daar is 'n gemeenskaplike tuin op die grondverdieping met twee braai's, een vir elke woonstel. Parkeerplek vir 3 voertuie is op die perseel beskikbaar.

Ten tye van beurtkragfases is beide eenhede toegerus met herlaaibare ligte, 'n enkelplaatgasstoof en 'n Superfly Mini DC UPS vir WiFi.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 87 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Lynette V
Saam met vriende
5.0
Pragtige gerieflike verblyf in Langebaan met die see en restaurante stapafstand. Die eienaars was gasvry en het omtrent die rooi tapyt vir ons oopgero...
Sien meer
Sep 2024
Hendrie G
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker ontspannend. Baie lekker gebly en sentraal geleë. Skoon akkommodasie en vriendelike gasheer en gasvrou.
Aug 2024
Portia H
Gesin met tieners
5.0
An unexplainable quietness that blocks out the noise when needed. It was quiet and very peaceful, which is what I needed after losing m...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Tobie S
Gesin met tieners
5.0
Beautiful view. We enjoyed our weekend away. Lovely apartment with a beautiful view.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Matty B
Gesin met tieners
5.0
Huis weg van die huis. Gert en Neleen het ons so vriendelik ontvang ons het soos ou vriende gevoel wat tuis gekom het. Die woonstel was ruim, skoon en...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Neleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 87

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Wightman-straat 26, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Me Gustas Tu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
R1 150 R690
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 150
R1 150 R690
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wightman-straat 26, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c64f6a26093e80700df378394461043b51816aa4a5aa6d61f9ecdcec159603cb81bd1535ddeccbc8f2ebe7a29262ec6e88b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 150 nouVanaf R690 per nag (plek vir 2) 87 5 1 5 26 Wightman Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.0957022 18.0345348

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang