Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Me Gustas Tu

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Jan 2025 tot 30 Apr 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wightman-straat 26, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 R805 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Me Gustas Tu bied selfsorgverblyf op die tweede verdieping, let wel toegang word verkry deur middel van trappe na die verdieping, van die eienaar se huis in die kusdorp, Langebaan. Dit spog met 'n sprankelende swembad, op dieselfde vlak as die wooneenhede, wat met medegaste gedeel word. Alle vertrekke het direkte toegang tot die stoep met 'n see-uitsig. Die eenheid is 800 m vanaf die hoofstrand.

Verblyf is beskikbaar in 'n eenslaapkamer-eenheid en 'n tweeslaapkamer-eenheid en elke eenheid is toegerus vir selfsorg. Al die slaapkamers het dubbelbeddens en bied direkte toegang tot die stoep wat weer na die swembad lei. Espaciosa se 2 slaapkamers het ook elk 'n en suite-badkamer, een met 'n stort en die ander met 'n bad. Comoda het 1 slaapkamer met suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Albei eenhede het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus is. Daar is 'n eetarea en 'n sitarea met sitplek, 'n TV en die vol DStv-pakket. Gratis WiFi is in albei eenhede beskikbaar.

Die eenhede het elk hul eie toegang vanaf die gemeenskaplike stoep en daar is 'n gemeenskaplike tuin op die grondverdieping met twee braai's, een vir elke woonstel. Parkeerplek vir 3 voertuie is op die perseel beskikbaar.

Ten tye van beurtkragfases is beide eenhede toegerus met herlaaibare ligte, 'n enkelplaatgasstoof en 'n Superfly Mini DC UPS vir WiFi.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 100 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Carevia C
Gesin met tieners
5.0
The break I NEEDED and GOT ! Our stay was nothing short of AMAZING! From check in to check out! Our hostess Neleen has made sure since ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Johan M
Saam met lewensmaat
5.0
Heleen is baie vriendelik en behulpsaam. Sal vir seker weer bespreek. Die eenheid is baie ruim, gerieflik en uiters skoon. Hartlike warm ontvangs met ...
Sien meer
Jan 2025
Haylene M
Gesin met klein kinders
5.0
A perfect getaway. Alles was awesome. Met ons aankoms het ons reeds gemaklik gevoel. Woonstel was netjies. Pragtige uitsig. Kids het hulle baie geniet...
Sien meer
Jan 2025
Michelle L
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Ons het absoluut lekker gekuier. Dit was absoluut 'n huis weg van die huis. Gasvrou is 'n juweel en is vriendelik en behulpsaam. Plekkie i...
Sien meer
Jan 2025
Valerie R
Saam met lewensmaat
5.0
Waardeur vir geld, goeie ligging. Naleen was baie goeie gasvrou en vriendelik en behulpsaam.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Neleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 100

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Wightman-straat 26, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Me Gustas Tu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
R 1 150 R 805
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 150
R 1 150 R 805
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wightman-straat 26, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c64f6a26093e80700df378394461043b51816aa4a5aa6d61f9ecdcec159603cb81bd1535ddeccbc8f2ebe7a29262ec6e88b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 150 nouVanaf R805 per nag (plek vir 2) 100 5 1 5 26 Wightman Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.0957022 18.0345348

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang