Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meander Stay

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 100 R935 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Meander Stay is aan die voet van 'n berg geleë en bied selfsorgverblyf in Clarens, en toegang tot 'n natuurroete met 'n stroompie.

Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorg-eenhede: LemonThyme wat slegs vir families is, en Rosemary wat geskik is vir paartjies of 2 enkel persone en dan Lavender en Sage wat geskik is vir paartjies.

Die LemonThyme Gesinskamer het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank toegerus. Die sitkamer het 'n kaggel, WiFi en toegang tot 'n onderdakstoep met 'n braai en berg-uitsig.

Die Rosemary-kothuis is 'n selfsorg-kothuis 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n kombuis, slaapkamer, badkamer, leef-area en 'n braai-stoep. Die kothuis het ook 'n mooi uitsig en is ideaal vir 'n paartjie of 2 persone. Die kombuis is met 'n yskas, induksie-plaat, mikrogolf oond, eetgerei en breekware toegerus. Verder lei die kothuis na 'n stoep met braaigeriewe.

Lavender-kothuis is ook 'n selfsorg-kothuis met 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, induksieplaat, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het ook 'n stoep met mooi uitsig op die berg. Daar is ook braaigeriewe.

Die Sage-kothuis is 'n selfsorg-kothuis met 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n kombuis, slaapkamer, badkamer, leef-area en 'n stoep met braaigeriewe. Die kothuis het ook 'n mooi uitsig en is ideaal vir 'n paartjie. Die kombuis is met 'n yskas, induksieplaat, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus.

Veilige parkeerplek word voorsien. Rook en geen geraas word op die perseel toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra koste per sessie beskikbaar en moet vooraf bespreek word.

Meander Stay is 400 m vanaf 'n rits winkels en restaurante en Clarens bied verskeie aktiwiteite soos gholfspeel, vierwiel motorfietsr y, bergfiets ry, wandel, stap- en 4x4-roetes. Gaste kan ook die kunsgallerye en die Basotho Culture Village besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 37 resensies vir Meander Stay
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Madeleine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Meander Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R1 100 R935
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
R1 100 R935
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82cbee96298784aefc5c6d6ed774db4cdade3536219d7e42a57dcfbe0cd8ffff5275cdb423cc9988845176dc3083cab6877d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R935 per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 1 Naude Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.51492 28.41764

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang