Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meander Stay

Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 15 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 200 R800 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Meander Stay is aan die voet van 'n berg geleë en bied selfsorgverblyf in Clarens, en toegang tot 'n natuurroete met 'n stroompie.

Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorg-eenhede: LemonThyme wat slegs vir families is, en Rosemary wat geskik is vir paartjies of 2 enkel persone en dan Lavender en Sage wat geskik is vir paartjies.

Die LemonThyme Gesinskamer het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank toegerus. Die sitkamer het 'n kaggel, WiFi en toegang tot 'n onderdakstoep met 'n braai en berg-uitsig.

Die Rosemary-kothuis is 'n selfsorg-kothuis 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n kombuis, slaapkamer, badkamer, leef-area en 'n braai-stoep. Die kothuis het ook 'n mooi uitsig en is ideaal vir 'n paartjie of 2 persone. Die kombuis is met 'n yskas, induksie-plaat, mikrogolf oond, eetgerei en breekware toegerus. Verder lei die kothuis na 'n stoep met braaigeriewe.

Lavender-kothuis is ook 'n selfsorg-kothuis met 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, induksieplaat, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het ook 'n stoep met mooi uitsig op die berg. Daar is ook braaigeriewe.

Die Sage-kothuis is 'n selfsorg-kothuis met 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n kombuis, slaapkamer, badkamer, leef-area en 'n stoep met braaigeriewe. Die kothuis het ook 'n mooi uitsig en is ideaal vir 'n paartjie. Die kombuis is met 'n yskas, induksieplaat, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus.

Veilige parkeerplek word voorsien. Rook en geen geraas word op die perseel toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra koste per sessie beskikbaar en moet vooraf bespreek word.

Meander Stay is 400 m vanaf 'n rits winkels en restaurante en Clarens bied verskeie aktiwiteite soos gholfspeel, vierwiel motorfietsr y, bergfiets ry, wandel, stap- en 4x4-roetes. Gaste kan ook die kunsgallerye en die Basotho Culture Village besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jan W
Saam met lewensmaat
5.0
Aangenaam. Baie netjiese eenheid, en vriendelike gasvrou.
Okt 2024
Human N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Was ideaal vir wat ons wou doen in Clarens en omgewing. Ons was goed na gekyk en het ook die diere geniet. Baie mooi ligging.
Sep 2024
Yolanda Meissenheimer M
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik lekker! Ons het heerlik gebly. Die huis is ruim en goed toegerus. Die kaggel was heerlik! Die huis is naby lieflike staproetes en stapafst...
Sien meer
Sep 2024
Dirk & Hettie P
Saam met lewensmaat
5.0
Alles is perfek in Meander Stay, net soos ons dit voorgestel het. Baie dankie. Madeleine is 'n wonderlike gasvrou, het ons baie tuis laat voel.
Sep 2024
Stephanie V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het ons kuiertjie so geniet. Ons het heerlik gebly. Die blyplek was pragtig en presies soos die foto's. Madelein was baie gasvry en behulpsaam. On...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Madeleine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Meander Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R1 200 R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 200
R1 200 R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82cbee96298784aefc5c6d6ed774db4cdade3536219d7e42a57dcfbe0cd8ffff5275cdb423cc9988845176dc3083cab6877d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R800 per nag (plek vir 2) 41 5 1 5 1 Naude Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.51492 28.41764

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang