Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mecca Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mecca Plaas, Santoy, Black Rock, 8491, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mecca Guest House is op 'n pragtige plaas,13 km buite Black Rock in Santoy, in die hartjie van die Kalahari-streek in die Noord-Kaap geleë. Die oorspronklike plaashuis is opgeknap om gerieflike verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers te bied.

Daar is 9 moderne, luukse kamers met lugversorging. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Verder is daar ook lugversorging, ’n TV met sekere DStv-kanale, 'n lessenaar en gratis WiFi. Die en suite-badkamers het storte, toilette en wasbakke. Linne en handdoeke word voorsien. Die kamers se privaat deure stel gaste in staat om na hartelus te kom en gaan.

Die kamers se interieur skep 'n kalm atmosfeer en is lekker oop na buite om die natuurskoon in te nooi.

Tradisionele Suid-Afrikaanse tuis-voorbereide etes is op versoek beskikbaar.Vir diegene wat eerder self wil kos maak is daar ’n braai-area met komplimentêre hout.

Mecca Guest House bied met trots gehaltediens aan sakereisigers, gaste in die mynboubedryf, reisigers wat net hier kom oorslaap op pad na die Augrabies, Namakwaland se blomme of Botswana, óf diegene wat bloot Suid-Afrika se wonders wil verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Dedrei H
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige blyplek! Ons het heerlik gebly! Pragtige, stylvolle kamer met veilige parkeerplek en die vriendelikste gashere. Ons sal beslis weer kom!
Jun 2024
Santa R
Saam met vriende
5.0
Lieflik! Dit was fantasties! Elanor gaan uit haar pad om jou verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Ons is ook bederf met smaaklike etes wat vele r...
Sien meer
Mrt 2024
John H
Besigheidsreis
5.0
Vriendelike diens, mooi omgewing. Ja, die plaas is 'n verfrissende ervaring. Laatmiddag stap op die rooi sandpaaie is ligjare verwyderd van die stad.
Nov 2023
Stephan J
Saam met lewensmaat
5.0
Friendly and great experience. Location, experience, friendly, just a great overall pleasant stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023
Susan V
Saam met lewensmaat
5.0
'n Oase. Hierdie gastehuis was 'n wonderlike verrassing in die Kalahari op pad na Kgalagadi. Die elegante kamers is luuks en loop uit op 'n heerlike l...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Eleanor Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Mecca Plaas, Santoy, Black Rock, 8491, Noord-Kaap
  • Gaste dink Mecca Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mecca Plaas, Santoy, Black Rock, 8491, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9838dfc9e20fbf4355f5f23d52f4e5dd1fee867994df02cc4288379c18caf2f37a05222f07b257055e7c9f87ba8aee8af91?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 Mecca Farm Santoy 8491 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -27.045846 22.758755

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang