Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

MediStay

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Leeuw-straat 31, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

MediStay bied lieflike verblyf aan sake-, mediese- en ontspanningstoeriste net 30 m vanaf die Mediclinic Hoogland, Braun Dialise, Pathcare, algemene praktisyns en Ampath. Dihlabeng Hospitaal en die Mediese Sentrum is 900 m vanaf Medistay.

Die verblyf beskik oor 'n keuse van lugversorgde eenhede wat tussen 1 en 5 gaste kan akkommodeer. Die eenhede is almal ingerig met koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met 'n stort, toilet en wasbak. Die gesinskamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en enkelbeddens. Die eenhede is ruim en het hul eie ingang.

Elkeen van die eenhede het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenhede is nie toegerus met stowe nie maar 'n braaipan kan op versoek gereël word. 'n TV met sekere DStv-kanale, asook WiFi-toegang, is in al die eenhede beskikbaar.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir gaste om te gebruik. Paniekknoppies is in elke eenheid beskikbaar, wat aan die sekuriteitsbeheerkamer gekoppel is en "Spot Bot"-kameras word snags geaktiveer vir ekstra gemoedsrus.

Skole, bekende restaurante, winkels en winkelsentrums is in 'n radius van 3km rondom Medistay geleë. Baie om te bied binne loopafstand.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Belinda G
5.0
Puik verblyf. Vriendelikste mees behulpsame gasvrou. Ek is hartlik verwelkom, en tegemoed gekom om vroeër in te klok. Die plek is pragtig, ingerig met...
Sien meer
Okt 2024
Louise C
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig, netjies en gerieflik. Rustige, gerieflike verblyf naby die hospitaal!
Okt 2024
Betsie D
5.0
Baie lekker gebly. Ek was eers skepties toe ek sien van die resensies gee 3/5 vir veiligheid aangesien ek alleen saam my seuntjie (6) gereis het, maar...
Sien meer
Sep 2024
Maria Magdalena T
Saam met lewensmaat
5.0
Was baie lekker en gerieflik. Baie lekker en gerieflik.
Mei 2024
Louise C
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en gerieflike verblyf naby alles! Uitstekende oornag bestemming vir enige reisiger asook ideaal geleë vir hospitaal besoeke. Vriendelike gasvro...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Minnele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • De Leeuw-straat 31, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Gaste dink MediStay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Leeuw-straat 31, Bethlehem, 9701, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc31817483b55f75afb075696fdabd753795b9924d3f34226b30cf4b1ff3a48e48c169f351f8bbbf008e60a21a92132c121dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 1) 25 5 1 5 31 De Leeuw Street Bethlehem 9701 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.229445650636 28.322234658861

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang