Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meerendahl Luxury Apartments @ Tyger Lake

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Niagaraweg 2, Tyger Waterfront, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 R1 440 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Meerendahl Luxury Apartments @ Tyger Lake is 'n pragtige woonstel in Kaapstad ongeveer 23 km vanaf die KIKS, 25 km vanaf die Robbeneiland-veerboot en 26 km vanaf die beroemde V&A Waterfront. Dit is ideaal vir sakereisigers, paartjies op soek na 'n romantiese wegbreek en gaste wat net die Moederstad wil verken.

Die ruim eenslaapkamerwoonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit het 'n koningingrootte-bed en genoeg kasspasie. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die lieflike oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die woonstel lei na 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die meer. Daar is ook 'n mooi tuinuitsig vanaf die stoep met buitemeubels sodat gaste lekker kan ontspan.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste kan middagete of aandete by die familierestaurant op die perseel geniet. Gaste is ook welkom om aan aktiwiteite in en om Kaapstad deel te neem of die kroeë saans te gaan verken.

Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin is net 30 km van die woonstel af en Tafelberg is net 31 km vanaf die eenheid. Die naaste lughawe is Kaapstad Internasionale Lughawe wat net 11 km ver is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
3.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Mariaan V
Saam met lewensmaat
5.0
Super spesiaal. Baie lekker gebly, sal definitief weer kom kuier.
Jul 2024
Bronique B
Saam met lewensmaat
4.8
Baie lekker en veilig. Plek is stil en rustig. Goeie plekkie vir 'n wegbreek.
Jul 2024
Lm /
Saam met lewensmaat
4.6
Rustige verblyf. Mooi groot TV met net Netflix en geen nuus en sport. Jammer.
Jul 2024
Jannie E
Saam met lewensmaat
4.4
Was bitter lekker daar, net swak kommunikasie van gasheer, maar verder 10/10. Baie lekker, sal weer.
Aug 2024
Pieter C
Saam met lewensmaat
4.4
Baie lekker, dankie. Die voordeur se handvatsels aan die binnekant was los en is nog steeds los. Die stort se deur lek aan die onderkant. Die verblyf ...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Stephan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Niagaraweg 2, Tyger Waterfront, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Meerendahl Luxury Apartments @ Tyger Lake het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
R 1 800 R 1 440
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 800
R 1 800 R 1 440
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Niagaraweg 2, Tyger Waterfront, Bellville, 7530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA24878e0a4aa8aaf9bd87ccbec466d389eb7757c143dc0ccda9e877fd432c1959a79c48d0e47c16afd7085db12911259d6d44?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 800 nouVanaf R1 440 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 2 Niagara Road Tyger Waterfront 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -33.874160684044 18.628981912164

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang