Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meerkat Manor

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Marthie B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2024

Heerlik. Ons het baie lekker gebly in die woonstel. Dit was baie veilig en naby aan goed om te doen. Uitstekende diens ontvang. Sal definitief weer daarna toe gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Hi Dit was lekker om jul daar te hê. Dankie dat jul sulke goeie gaste was, kom gerus weer. Groete Meerkat Manor

Thea C
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Absoluut fantasties. Indien ek kon, sou ek Meerkat Manor 6 sterre gee. Die plekkie is ingerig met alles wat ‘n mens mag nodig hê, ‘n watertenk, kragopwekker, asook gasstofie. Die skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroeër en volle DStv is ‘n groot pluspunt. Die huis is ook baie veilig en naby die strand. Jan was ‘n wonderlike “e-gasheer”. Ek kan die plekkie aanbeveel vir enige iemand, sal definitief weer daar gaan bly. Baie dankie Jan, een van ons beste vakansies ooit!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Was n groot voorreg om jul te kon huisves kom gerus weer hoop die swembad het bygedra tot die lekker vakansie

Annemie G
Lang verblyf
5.0
Des 2021

Sielerus en lafenis! Ons gesinsgroep met getroude kinders en 'n tiener het gemaklik en gerieflik in beide eenhede gebly. Ons is gul verwelkom met regte koffie langs die filtermasjien. Beide eenhede is luuks ingerig met 'n ys-/vrieskas wat ons gekarweide voorraad kon hou. Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër, maar die weer het heerlik saamgewerk en ons het dit nie nodig gehad nie. Die omheinde erf is groot en veilig met genoeg speelplek. Die swembad was goed versorg en het verdere lafenis gebied. Meerkat Manor is lekker naby die strand en besighede. Alhoewel die geluide van die deurpad hoorbaar is, het dit ons glad nie gepla nie en die buurt self is rustig en gevestig. Die eienaar het baie moeite gedoen om 'n persoonlike en effektiewe diens aan te bied. Ons sal beslis weer hier wil kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Groot plesier kom gerus weer. Dankie dat jul die plek so mooi opgepas het.

Mianca M
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2021

Baie lekker en gemaklik. Eienaar het baie moeite gedoen en dit was baie lekker om daar vakansie te hou, sal enige tyd weer soon toe gaan. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
jul is baie welkom om weer te kom bly julle het dit geniet.

Liezle E
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2020

Een van die lekkerste vakansies! Naby aan die strand met ruimte, gerief en lekker luukse bederf; 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, sekuriteitstelsel, lugverkoeler en en en, ons familie van 5 het 'n heerlike vakansie geniet te danke aan die eienaars, Jan, van Meerkat Manor. Ons het beslis tuis gevoel 700 km van ons eie huis af. Jan het aan absoluut alles gedink, dit was so gerieflik en gemaklik, ons was spyt dat die tyd so vinnig verbygegaan het. Ek sê baie baie dankie vir julle moeite en dat julle julle hand so goed oor die lieflike tuiste by die see hou. Ons sien uit na ons volgende vakansie by die see!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Groot plesier kom gerus weer dalk is die splash pool al in voor die einde van die jaar Dankie dat jul die plekkie so mooi opgepas het

Jacques V
Lang verblyf Gesin met tieners
4.8
Des 2020

Die beste waarde vir jou geld en skoon. Goed toegerus met meer as wat jy nodig het. Die eienaar is altyd beskikbaar en gewillig om te help en seker te maak dat julle gemaklik is en die breek geniet. Ons maak gou weer so.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Jy moet weer kom ek skuld jou nog 'n nag of 2.

Ronel E
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Jan 2020

Meerkat Manor is 'n baie rustige, skoon, netjiese en veilige kompleks waar ons heerlik vakansie gehou het. Met ons aankoms was ons verwelkom met heerlike sakkies cappuccino en 'n sjokolade op elkeen se bed. Wow, wat 'n verrassing. So moet mens se vakansie mos begin, met 'n heerlike bederf. Ons sal beslis weer van Meerkat Manor gebruik maak en beveel dit definitief aan, veral vir paartjies met kinders. Daar is genoeg speelarea vir die kinders en baie veilig. Wat ons vrouens die meeste geniet het, was die skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die lugversorger was ook beslis 'n groot pluspunt in die leefarea. Beslis 'n baie gerieflike plekkie. Dankie Jan en Teresa vir die pragtige plekkie van julle.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Dit was beslis lekker om jul daar te kon huisves , die braai reuke en potkos wat gemaak was, dis mos vakansie uit die boekke uit. Kom gerus weer. Dankie dat jul die plek so mooi opgepas het . Ons sit daalk binnekort 'n klein "splash pool" in.

Ian W
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Des 2020

Great place, good value for money. Everything about Meerkat Manor was great. W had everything we needed as a family, from a braai to kitchen utensils, air-conditioning and it is nice and close to all shops if you run out of anything. Very close to the beach.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alf V
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2019

Wonderlik. Baie netjies, prakties, ruim en luuks.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Dit was vir ons 'n voorreg om jul daar te kon huisves vir jul vakansie kom gerus weer.

Ina-marie L
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2019

Gerieflike woonstel met meer as wat nodig is. Vanaf ons bespreking tot op die dag van ons vertrek, het ons goeie diens en tips vir sightseeing by Jan gekry. Die woonstel was netjies, gerieflik, skoon en baie veilig. Die cappuccinos was 'n lekker bederfie. Ons sal definitief weer daar gaan bly en sal vir almal die verblyf aanbeveel. Jan, julle is tops.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jan
Meerkat Manor
Vreeslik bly jul het dit geniet kom gerus weer ma bly langer.....lol. Dankie dat jul die plekkie so netjies gelos het. Groete Jan

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strachanstraat 584, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6179931b0fa1bd5548abe3d161c6102b3c2d070ee85df19799d661fc4ea6e9bc33f256d9f4300962e62366685ee66d8654af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 584 Strachan street Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.88542505809 30.35036979259

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang