Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meetsnoere

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Vanaf R6 800 per nag, vir 17 mense

Beskrywing

Meetsnoere is in die stil dorpie Oesterbaai aan die Oos-Kaapse kus geleë, en skuil tussen groot wildevyebome en die see. Die ruim vakansiehuis bied gehalteverblyf vir paartjies, gesinne of groepe vriende wat op soek is na gerieflike verblyf met wonderlike see-uitsigte.

Die dek bied 'n skilderagtige en ongerepte uitsig oor die see, wye stuk strand en skouspelagtige sonsopkomste en sonsondergange. Dit is die perfekte plek om die dag met 'n koppie koffie te begin of die dag met 'n glas wyn af te sluit.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 7 slaapkamers en 4 badkamers en bied slaapplek aan 17 mense. Geniet see-uitsigte vanaf 3 seefront-slaapkamers, die eet- en leefarea, asook die dek op die eerste verdieping. Daar is 3 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed in elk, 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens in elk, en 1 slaapkamer met 'n enkelbed, 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Beide bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Gaste kan ontspan in die knus oopplan-sitkamer wat 'n kaggel het vir die kouer nagte en dae. Die sitkamer maak oop op 'n dek wat oor die see uitkyk en 'n ongerepte strand met hoë duine. Die dek is die ideale plek om dolfyne en walvisse te sien. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 2 yskas-vrieskaste, 'n oond en stoof, en 'n mikrogolfoond, asook 'n skottelgoedwasser vir gerief. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank. Ook op die eerste verdieping vind jy die waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n buite wasgoedlyn.

Apart van die huis is 'n vermaak- en braaikamer op die eerste verdieping, asook 3 toesluitmotorhuise op die grondvloer. Die vermaak- en braaikamer is toegerus met 'n ingeboude braai, 'n kombuisie, 'n vrieskas vir aas en vis, yskas/vrieskas, 'n tafeltennistafel, veerpyltjiebord en bordspeletjies. Die vermaakkamer is ideaal om in alle weerstoestande te ontspan.

Die eiendom is gerieflik binne stapafstand vanaf die strand geleë, en die ligging is ideaal vir stap, swem, voëlkyk, veral die Oestervanger, sandplankry, snorkel in die rotspoele, duik en visvang.

Oesterbaai is 22 km vanaf St Francisbaai, 25 km vanaf Humansdorp, 35 km vanaf Jeffreysbaai en doendinge in die omgewing sluit staproetes soos Antjie se Pad, 4X4-roetes en gholf by Humansdorp en St Francis Links-gholfbane in. Die area word omring deur melkplase. Vir voorraad en brandstof kan gaste na St Francisbaai, Humansdorp of Jeffreysbaai ry. Vir daguitstappies 'n entjie verder die veld, besoek Tsitsikamma Natuurreservaat en Baviaanskloof.

Kamer-opset

Slaapplek vir 17 mense 7 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

5

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Karin C
5.0
A fantastic unspoilt beach to walk on for miles. What a treat. Absolutely magnificent home. What a view! Thank you for making our famil...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Heinrich C
Saam met vriende
5.0
Kuier saam met familie! Meetsnoere is in die stil kusdorpie Oesterbaai met 'n fantastiese uitsig oor die strand! Dit is ruim, netjies en alles werk - ...
Sien meer
Jul 2024
Monica S
Gesin met klein kinders
5.0
Stukkie hemel op aarde. Die huis is baie goed ingerig, gemaklike bedde en al die fasiliteite wat mens nodig het. Die uitsig is onbeskryflik mooi, nog ...
Sien meer
Mrt 2024
Lindi C
Gesin met tieners
5.0
Wonderlike week. Sal beslis weer daar gaan kuier. Dit was 'n onvergeetlike week. Baie dankie, die huis was perfek, met 'n panoramiese uitsig en alle g...
Sien meer
Jan 2024
Elmari V
5.0
Ongelooflike goeie ligging! Huis uitstekend toegerus! Heerlike braai/speletjies. Blyplek uit die boonste rakke!
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elmi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 81

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Gaste dink Meetsnoere het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 800
per nag, vir 17 mense
Vanaf
Vanaf R 6 800
per nag, vir 17 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAceb4427a0d8346ad06cc0adde8aa003fc504b19aa0efed20d53e59b5b73a7baefe8e755649e5769b1572186100f20b0d2474?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 800 per nag, vir 17 mense 10 5 1 5 13 Mossel Street Oyster Bay 6331 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.169548781735 24.649066533066

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang