Meetsnoere
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
- Vanaf R6 800 per nag, vir 17 mense
Beskrywing
Meetsnoere is in die stil dorpie Oesterbaai aan die Oos-Kaapse kus geleë, en skuil tussen groot wildevyebome en die see. Die ruim vakansiehuis bied gehalteverblyf vir paartjies, gesinne of groepe vriende wat op soek is na gerieflike verblyf met wonderlike see-uitsigte.
Die dek bied 'n skilderagtige en ongerepte uitsig oor die see, wye stuk strand en skouspelagtige sonsopkomste en sonsondergange. Dit is die perfekte plek om die dag met 'n koppie koffie te begin of die dag met 'n glas wyn af te sluit.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 7 slaapkamers en 4 badkamers en bied slaapplek aan 17 mense. Geniet see-uitsigte vanaf 3 seefront-slaapkamers, die eet- en leefarea, asook die dek op die eerste verdieping. Daar is 3 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed in elk, 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens in elk, en 1 slaapkamer met 'n enkelbed, 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Beide bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Gaste kan ontspan in die knus oopplan-sitkamer wat 'n kaggel het vir die kouer nagte en dae. Die sitkamer maak oop op 'n dek wat oor die see uitkyk en 'n ongerepte strand met hoë duine. Die dek is die ideale plek om dolfyne en walvisse te sien. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 2 yskas-vrieskaste, 'n oond en stoof, en 'n mikrogolfoond, asook 'n skottelgoedwasser vir gerief. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank. Ook op die eerste verdieping vind jy die waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n buite wasgoedlyn.
Apart van die huis is 'n vermaak- en braaikamer op die eerste verdieping, asook 3 toesluitmotorhuise op die grondvloer. Die vermaak- en braaikamer is toegerus met 'n ingeboude braai, 'n kombuisie, 'n vrieskas vir aas en vis, yskas/vrieskas, 'n tafeltennistafel, veerpyltjiebord en bordspeletjies. Die vermaakkamer is ideaal om in alle weerstoestande te ontspan.
Die eiendom is gerieflik binne stapafstand vanaf die strand geleë, en die ligging is ideaal vir stap, swem, voëlkyk, veral die Oestervanger, sandplankry, snorkel in die rotspoele, duik en visvang.
Oesterbaai is 22 km vanaf St Francisbaai, 25 km vanaf Humansdorp, 35 km vanaf Jeffreysbaai en doendinge in die omgewing sluit staproetes soos Antjie se Pad, 4X4-roetes en gholf by Humansdorp en St Francis Links-gholfbane in. Die area word omring deur melkplase. Vir voorraad en brandstof kan gaste na St Francisbaai, Humansdorp of Jeffreysbaai ry. Vir daguitstappies 'n entjie verder die veld, besoek Tsitsikamma Natuurreservaat en Baviaanskloof.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elmi Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 81
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
- Gaste dink Meetsnoere het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oesterbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselstraat 13, Oesterbaai, 6331, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang