Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Melkboomsdrift Guest House & Conference Centre

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 47 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R363, Tussen Vredendal en Lutzville, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Melkboomsdrift Guest House & Conference Centre is in die hartjie van die Olifantsriviervallei tussen Vredendal en Lutzville geleë. Dié wynplaas, met sy gerestoureerde plaashuis, is die ideale oornagplek tussen Kaapstad en Namibië op die N7 en dis net 33 km tot by die Weskus indien jy wil walviskyk.

Verblyf is beskikbaar in verskeie en suite-gastekamers. Sekere slaapkamers het 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, oondjie, 'n yskassie, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe en die ander slaapkamers het verhit-en-eetgeriewe wat 'n mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe insluit. Kapokbossie, Leeubekkie en Bloubekkie is in dieselfde huis en bied toegang tot die gemeenskaplike kombuis en sitarea. Kamer 1 en 2 kan gekonnekteer word met 'n skakeldeur, asook Kamer 3 en 4. Al hierdie kamers het 2 enkelbeddens.

Gaste kan by die swembad met 'n uitsig oor die Olifantsrivier en die wingerd ontspan. Daar is 'n plaasontbyt, aandete en piekniekmandjies op versoek beskikbaar.

Die eiendom bied op versoek ook konferensiegeriewe vir tot 20 afgevaardigdes in 'n kamer met lugversorging en die nodige toerusting.

Die gastehuis is aan die lowerryke oewer van die Olifantsrivier aan die Weskus geleë en bied alles en meer wat 'n moeë sakeman of avontuurlustige toeris benodig vir 'n heerlike wegbreek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Lodewyk V
5.0
Vinning. Heel netjies. Fotos praat die waarheid. Seker die mooiste plaas om op te bly in die nabye omgewing.
Aug 2024
William V
Saam met lewensmaat
5.0
Very nice people, nice place and very good food. Very nice people, nice place and very good food. The hosts go beyond the normal to mak...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Anina O
Besigheidsreis
5.0
Rustig, gemaklik en goed toegeruste verblyf. Baie gerieflike eenheid met fantastiese uitsig oor die see.
Mrt 2024
Sharon C
Saam met lewensmaat
5.0
We were made very welcome by the friendly staff - accommodation clean and neat. Wonderful farm stay in the historic buildings. The staf...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Nienke V
Saam met vriende
5.0
Perfect! It was perfect! Very good food and the staff was very kind. Everything we needed was there. We enjoyed!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Liezel Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 93

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R363, Tussen Vredendal en Lutzville, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Melkboomsdrift Guest House & Conference Centre het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 960
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 47 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R363, Tussen Vredendal en Lutzville, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyMTliOWMzLWM4NWUtNDQ4YS1iOTY1LWE3N2QyYjU2YjA2ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense 93 5 1 5 R363 Between Vredendal and Lutzville 8160 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.604295646442 18.405355811119

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang