Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Melkbos Mountain View Estate

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napoleon-straat 22, Duynefontein, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Melkbos Mountain View Estate bied moderne en gerieflike selfsorgverblyf in ’n rustige omgewing op ’n kleinhoewe in die woongebied Duynefontein in Melkbosstrand. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers, of gaste wat saam met familie en vriende vakansie hou.

Verblyf word gebied in ’n eenslaapkamer-kothuis, die Spekboom-kothuis, vir 2 gaste, en 3 studio-eenhede wat elk plek het vir 4 tot 6 gaste. Elke eenheid het ’n aparte ingang, ’n sitarea met ’n platskerm-TV en ’n goed toegeruste kombuis met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en broodreooster. Die eenheid lei na ’n stoep met sitplekke en braaigeriewe.

Die eenhede deel die gebruik van ’n tuin en ’n boma-braai met ’n onderdak-eetarea. Daar is ook ’n selfsorg-wasgoedkamer met ’n wasmasjien, tuimeldroër en strykyster. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die Aloe-kothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 tot 6 gaste. Dit het 'n privaat ingang, 'n sitarea met 'n platskerm-TV en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, wasmasjien en wasgoedlyn toegerus is. Die kothuis lei na die stoep met sitplek en braaigeriewe.

Die eiendom grens aan die Eskom-natuurreservaat en is 5 km vanaf Melkbosstrand en 15 km vanaf Table View. Daar is ’n MyCiTi-busstop net buite die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Lynne Ann H
Gesin met tieners
5.0
Enjoyed our stay, Viviene was lovely and understanding. Stay was lovely and relaxing. Would definitely recommend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Michelle A
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Die plek is asemrowend, netjies, alles was perfek. Dit wat adverteer was, is presies hoe die plek lyk en veel meer.
Feb 2025
Nico M
Gesin met tieners
5.0
Fantastic. From getting there, the staff was exceptional in helping us get settled.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Johan W
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, pragtige plek om te bly. Heerlik! Sterk aanbeveel.
Feb 2025
Nico M
Gesin met tieners
5.0
Perfection. Exceptional service, helpful, kind.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Vivienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Napoleon-straat 22, Duynefontein, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Melkbos Mountain View Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napoleon-straat 22, Duynefontein, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc43e98106732ec1dc61fd2935e8b3ad53b4174b152b2bc2fd16fc92ee44abdd8294b92c9a76ab3490a49005effa64471591e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 55 5 1 5 22 Napoleon Street Duynefontein 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.684559656572 18.454325546588

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456