Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Melsetter's Guesthouse

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Marx-straat 27, Langenhoven Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Melsetter's Guesthouse bied netjiese en gerieflike B&B- of selfsorgverblyf in die vreedsame woonbuurt Langenhoven Park, Bloemfontein. @Melsetter's is net 4 km vanaf Vrystaat Universiteit, Universitas Hospitaal, Bloemcare Hospitaal, CTU en die N1-hoofweg. Die verbyf is 800 m vanaf die Inibos Parkrun op die Bikers's Trail.

Verblyf word gebied in 3 dubbelkamers en 4 gesinskamers met slaapplek vir altesaam 22 gaste. Elke kamers het lugversorging en en suite-badkamers met storte. Kamer 1 en 7 het ook elk 'n bad. Handdoeke en toiletware word voorsien. 'n Ekstra kamp-, kleuter- of bababedjie kan beskikbaar gestel word aan ekstra gaste. Elke kamer het 'n platskerm-TV met OpenView en Showmax. Gaste kan hul eie intekenbesonderhede vir DStv en Netflix gebruik. Die kamers het ook 'n yskas, mikrogolf, ketel, kookplate, tee- en koffiemaakgeriewe, broodrooster, haardroër, strykyster, eetgerei en breekware.

Hierdie gastehuis het sonkrag en word dus nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Braaigeriewe word voorsien. Gaste moet slegs hul eie hout verskaf. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamer is ook beskikbaar. Rook word buite toegelaat.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 364 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Elane S
5.0
Baie oulik. Ons het op kort kennisgewing slaapplek nodig gehad en was behulpsaam en baie vriendelik! Die verblyf was ruim, skoon en netjies, baie dank...
Sien meer
Nov 2024
Hennie B
Saam met lewensmaat
5.0
Van die beste oornag plekke sover besoek. Beveel dit beslis aan. Heerlik oornag in 'n netjiese, skoon kamer. Gasheer baie vriendelik, laat jou tuis vo...
Sien meer
Nov 2024
Lizelle W
Saam met lewensmaat
5.0
Ideale oornagplek in veilige omgewing. Baie vriendelike ontvangs. Goeie ligging en veiligheid baie goed.
Okt 2024
Dan P
Besigheidsreis
5.0
Outstanding. Lovely owners. Nice and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Kobus P
Saam met lewensmaat
5.0
Diens puik, dankie. Sal weer daarvan gebruikmaak. Baie lekker gebly. Ons het veral die hondjie geniet wat by ons kom kuier het.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Margaret Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 364

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Jan Marx-straat 27, Langenhoven Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Melsetter's Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Marx-straat 27, Langenhoven Park, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAanI08gUthSxw9n6HIoVoA3fIzfkalTDmEUUYkR8jS4oz08mwdB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 364 5 1 5 27 Jan Marx Street Langenhoven Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.103759 26.150992

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang