Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Memories Self-Catering @ 5 on Smith

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 R920 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Memories Self-Catering @ 5 on Smith bied selfsorgverblyf in 3 nuwe semi-losstaande eenhede in 'n klein sekuriteitskompleks met toegangsbeheer in Oudtshoorn. Dis in die gewilde Wesbank-woonbuurt geleë en naby die Wesbank Laerskool. George Lughawe is net 61 km hiervandaan.

Daar is 3 eenhede genaamd Aloe, Karoo Rose en Spekboom wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het. Elke eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n dakwaaier. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word (gaste kan dié opsie versoek) en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Haardroër is in elke kamer beskikbaar.

Elke kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, potte en ander kookgerei toegerus. Die leefkamers het elkeen 'n groot, gemaklike hoekrusbank en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gedurende beurtkrag hou 'n klein omsetter die ligte, TV en WiFi aan. Ongelukkig sal geen kragproppe tydens beurtkrag werk nie.

Die leefareas bied elkeen toegang tot 'n privaat stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n tafel met stoele sodat gaste die soel somersaande van die Klein-Karoo kan geniet. Elke eenheid het 'n outomatiese wasmasjien en 'n wasgoeddraad is in die tuin beskikbaar. Daar is ook vir elke eenheid 'n onderdakparkeerplek voor die voordeur of aan die kant.

Indien gaste op soek is na 'n plek om onvergeetlike vakansieherinneringe te maak of vir oornagverblyf tydens 'n sakereis of sporttoer in Oudtshoorn is Memories Self-catering die perfekte plek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Marietjie M
Saam met vriende
5.0
Definitief aanbeveel! Dankie aan die gasvrou, ons was baie beïndruk met die huisie! So mooi en alles wat jy benodig, selfs 'n heater om ons warm te ho...
Sien meer
Jul 2024
Hannelie V
Saam met vriende
5.0
Heerlik. Ons het baie lekker gebly. Die plekkie was skoon, netjies en daar is alles wat jy nodig het. Sal vir seker weer van hulle gebruik maak.
Jun 2024
Schalk B
Gesin met klein kinders
5.0
Sal weer daar bly. Skoon en netjies. Alles werk 100%.
Feb 2024
Dupreez B
Saam met vriende
5.0
Alles was perfek. Sal beslis weer besoek.
Feb 2024
Joelene M
Saam met vriende
5.0
Fantasies. Fantastiese waarde vir geld. Alles wat jy kan benodig in die eenhede. Baie netjies en skoon. Sal definitief weer daar bly.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Memories Self-Catering @ 5 on Smith het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
R1 150 R920
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 150
R1 150 R920
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATWLjMrbwVZzvqHRt35rgY5DsgysgLfZE6gDMgnglZLLVKPMJoH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 150 nouVanaf R920 per nag, vir 2 mense 42 5 1 5 5 Smith Street Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.598122876549 22.193339825726

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang