Menlo View Guest Rooms
- Kapasiteit: 5 persone
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
- Vanaf R690 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Menlo View Guest Rooms is selfsorg-eenhede en is in Pretoria-Oos, Menlopark geleë. Menlopark is 'n stil woonbuurt, ryk aan bome en voëllewe. Die restaurante by The Village is omskep in 'n sprokiesagtige wonderland en is stapafstand van die eenheid af.
Die Family de Luxe-eenheid is geskik vir 3 gaste en is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in 'n ander area wat deur 'n skeidingsmuur geskei word. Die kamers deel 'n badkamer met 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het 'n leefarea tussen die kamers met 'n volledig toegeruste kombuis, bank en 'n tafel met stoele. Daar is 'n verstelbare platskerm-TV teen die muur met DStv.
Die Tuinkamer het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 3 trappe wat na die houtdek lei. Die kamer is toegerus met 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Die sitkamer is toegerus met 'n slaapbank en 'n TV met DStv. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, ketel, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.
Gaste het toegang tot gratis WiFi, DStv en die tuin. Daar is 'n privaat patio vir elke eenheid en veilige parkeerplek op die perseel.
Daar is talle hospitale in die omgewing. Menlyn Mall, Menlyn Maine, Sun Arena, Times Square en die Eye Institute is naby hierdie verblyf.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Yvonne Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 263
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
- Gaste dink Menlo View Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Menlopark Pretoria-Oos Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 5 mense
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang