Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Menlo View Guest Rooms

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
  • Vanaf R690 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Menlo View Guest Rooms is selfsorgeenhede en is in Menlopark in Pretoria-Oos geleë. Menlopark is 'n stil woonbuurt, wat ryk aan bome en voëllewe is. Die restaurante by The Village is in 'n feetjielig wonderland omskep en is stapafstand van die eenheid af.

Die Familie de Luxe-eenheid bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n dubbelbed en 'n enkelbed in 'n ander area wat met muurafskortings geskei word. Die kamers deel 'n badkamer met 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het 'n leefarea tussen die kamers met 'n volledige kombuis, sofa en 'n tafeltjie met stoele. Daar is 'n verstelbare platskerm-TV teen die muur met DStv.

Die Tuinkamer bied slaapplek aan 2 gaste en daar is 3 trappies wat na die houtdek lei. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Die sitarea het 'n slaapbank en 'n TV met DStv-kanale. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, ketel, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Gaste het toegang tot gratis WiFi, DStv en die tuin. Daar is ’n privaat stoep vir elke eenheid. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. 'n Sonkragstelsel met 'n battery vir die aand verseker dat die verblyf nie deur kragonderbrekings geraak word nie.

Menlo View Guest Room is naby talle hospitale in die ooste van Pretoria, Menlyn Mall, Menlyn Maine, Sun Arena, Times Square en die Oog Instituut is maklik bereikbaar van hier af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 260 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Pieter K
Saam met lewensmaat
5.0
Lekke, puik, uitstekend. Baie netjies en skoon. Diens was puik. Sal definitief in die toekoms weer daar oorbly.
Des 2024
Elmien G
Gesin met tieners
5.0
Heerlik. Baie vriendelike en behulpsame eienaar. Alles was skoon en netjies en die buite tafel met tuintjie is 'n bonus om net rustig te sit. Niks is ...
Sien meer
Nov 2024
Hanlie V
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Thank you, the bed was clean, the shower was good. It was perfectly prepared.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Kayleigh M
Saam met vriende
5.0
Perfect location. We had a wonderful stay over the weekend - the location was perfect and felt so safe throughout our stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Jeannine Z
Gesin met tieners
5.0
Dit het al my verwagtinge oorskry. Uit die boonste rakke.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Yvonne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 270

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Menlo View Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 690
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 690
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF5SDON2oJl9wGVsR9k8XaaTAj64EEvOH9TUldXaIzS1vxDdsUG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag, vir 2 mense 260 5 1 5 40 24th Street Menlo Park 0081 Gauteng 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -25.774845295098 28.26432388541

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang