Meraki Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesrivier, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Meraki Cottage is in die Matjiesriviervallei aan die voet van die Swartberg geleë. Die te volle toegeruste plaashuis is binne bereik van restaurante en verskeie doendinge vir gaste om te geniet.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word aan gaste voorsien. Daar is ook elektriese komberse op die beddens in die winter.
Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstofie/klein oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, Daar is 'n eetkamer met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.
Die sitkamer het gemaklike banke en bied toegang tot die ruim stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Dit spog ook met 'n pragtige uitsig oor die Swartberg en in die aand kan gaste die sterrenag bewonder.
Daar is verskeie doendinge in die omgewing soos 'n besoek aan die Kango Grotte en Wilgewandel Vakansieplaas. Gamkaskloof en Prince Albert is ook heerlike uitstappies op die Swartbergpas. Daar is 'n pragtige pad wat langs die Swartberg loop en lei tot verskeie wildsplase, die pragtige Kruisrivier met sy kunsgalery en die Rooiberg in Calitzdorp met die gat in die muur.
Dit sneeu gereeld op die berge in die winter, wat die ou houtstoof die hartjie van die huis maak.
Daar is geen TV of WiFi. Selfoonontvangs is beskikbaar, asook boeke en bordspeletjies.
Neem asb. kennis dat daar geen winkels in die onmiddellike omgewing is nie en gaste moet voorraad aankoop voordat hulle by die bestemming aankom.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Marisa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Matjiesrivier, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Meraki Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matjiesrivier, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang