Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meraki Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Matjiesrivier, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Meraki Cottage is in die Matjiesriviervallei aan die voet van die Swartberge geleë. Kom geniet die rustigheid van die plaas in 'n volledig toegeruste plaashuis binne maklike bereik van restaurante en talle doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer beskik oor 'n bad, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien vir gaste se gerief. Elektriese komberse word in die winter op die beddens geplaas.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof en mini-oond, 'n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Daar is 'n eetkamer met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke en loop uit op 'n ruim patio met buitemeubels en braaigeriewe. Dit spog met pragtige uitsigte oor die Swartberge en saans kan gaste die sterrehemel bewonder.

Daar is soveel om te doen in die onmiddellike omgewing, insluitend 'n besoek aan die Kangogrotte en Wilgewandel Vakansieplaas. Gamkaskloof en Prins Albert sorg ook vir baie lekker daguitstappies op die Swartbergpas. Daar is ook 'n baie mooi pad langs die Swartberge deur wildplase, die pragtige Kruisrivier met sy kunsgalery en die Rooiberg met sy gat in die muur na Calitzdorp.

In die winter sneeu dit dikwels op die berg, wat die ou, houtstoof in die huis 'n ideale plek maak om 'n boek of dalk 'n glas wyn te geniet.

Spandeer kwaliteit tyd saam met die gesin sonder al die moderne tegnologie soos TV en Wi-Fi. Slegs selfoonontvangs is beskikbaar asook boeke en bordspeletjies.

Neem asseblief kennis dat daar geen winkels in die onmiddellike omgewing is nie, so maak voorraad aan voordat jy na die ligging gaan.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 19 resensies vir Meraki Cottage
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Marisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Matjiesrivier, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Meraki Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Klein-Karoo Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Matjiesrivier, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHeqbjw7Km0SHZi9Aa1qp0j9CW4sEF7q1fUkWbLllGlx4tgowqe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 19 5 1 5 Matjiesrivier Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.389788065259 22.066063165396

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang